Gesprekke met immergroen Riaan Cruywagen en Sandra Prinsloo by Woordfees 2012. Daar word ook gekyk na die lewe en werk van Marié Heese, wat vanjaar 70 word.
Afrikaans South AfricaTV & Film · Personal Journals
As nuusleser en die stem van “Haas Das” het Riaan Cruywagen een van die bekendste gesigte en stemme in die Afrikaanse kultuurwêreld geword. Deesdae is dié supergewilde ikoon selfs tuis in advertensies en musiekvideo’s. Kom luister hoe gesels een van die beroemdste Suid-Afrikaners met Isabelle de Taillefer oor sy lewe…
Vroue wil soos sý wees; mans wil sáám met haar wees! Sandra Prinsloo is sekerlik die mees geliefde en gerespekteerde Afrikaanse vrou op die verhoog en op die silwerdoek. Piet Croucamp probeer uitvind hoe dié grande dame dit regkry om ewig jonk te bly en altyd die grense te verskuif.
Die gevierde skrywer Marié Heese word vanjaar 70. Amanda Botha stel 'n heildronk in op die lewe en werk van dié uitnemende woordkunstenaar wie se roman 'Die uurwerk kantel' klassieke status bereik het. Heese lewer 'n blik op 'n skrywerslewe waarin sy ewe tuis in Afrikaans en Engels is. Aanbieder:…
28 Mar 2012
43 min
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.