US Woordfees Stories agter stories 2013

Stories agter stories 2013

Afrikaans South Africa Arts
22 Episodes
12 – 22

Seks – die eintlike storie?

Christina Landman praat met Nicki Spies oor haar jarelange navorsing oor seksualiteit en geloofkonstruksies. Opvattings oor seks, seksualiteit en gender word sonder vrees verken. Eeue-oue sienings word getakel, asook hoe sulke konstruksies ons intieme verhoudings raak. Verfrissend en stimulerend.
7 Mar 2013 10AM 47 min

Briewe van Hennie Aucamp

Briewe van Hennie Aucamp – met aantekeninge deur die skrywer bevat persoonlike briewe wat tussen 1958 en 2012 geskryf is. Dit sluit fassinerende briewe in aan ʼn twintigtal van die bekendste skrywers in Afrikaans, met uitgebreide notas wat die kulturele omgewing dokumenteer. Daniel Hugo lei die gesprek met Hennie
8 Mar 2013 5AM 43 min

Saskia de Coster

Ingrid Glorie in gesprek met die veelsydige Belgiese skrywer, Saskia de Coster. Nadat De Coster in 2009 as een van die uitsonderlikste Vlaamse vroue aangewys is, het haar prestasies as skrywer, video- en visuele kunstenaar sterstatus gebring.
8 Mar 2013 11AM 49 min

FAK Sangbundel II

Die FAK-sangbundel trek ʼn splinternuwe baadjie aan. Dié skatkis van Afrikaanse volksmusiek is nuut gemaak om liedjies wat die afgelope 40 jaar in Afrikaanse musiek geblom het, te laat voortleef vir nog ʼn generasie of wat. Danie Langner en Jannie du Toit deel gedagtes oor die interessante maniere waarop liedjiekeuses…
8 Mar 2013 10AM 46 min

TT Cloete: Die ander een is ek

Cloete se jongste prosawerk met ʼn literêr-filosofiese inslag is geïnspireer deur kennismaking met die dood. Dit het gelei tot ʼn besinning oor ons menslike bestaan. Heilna du Plooy praat met die gevierde Cloete oor dié belangrike sleutel tot sy oeuvre.
8 Mar 2013 9AM 47 min

Marita van der Vyver

Murray La Vita vra Marita van der Vyver uit oor haar roman Die blou van onthou. Sy vertel meer oor die swaarkry en lekkerkry agter die klaarkry van die roman wat oor geslagte heen in Suid-Afrika en in Portugal afspeel. Marita verklap ook geheime oor haar nuutste skryfprojek.
8 Mar 2013 7AM 44 min

Jeanne Goosen

As plat-op-die-aarde digter, dramaturg, rubriekskrywer en prosaïs het Jeanne Goosen diep in lesersharte gekruip. Liza Albrecht vra dié geliefde skrywer uit oor haar interessante lewe en die vele afdraaipaaie in haar kleurryke loopbaan.
8 Mar 2013 6AM 45 min

Onse Vaders

Hanlie Retief ondervra Karin Brynard, oud-joernalis en skrywer van misdaadromans, oor haar jongste boek Onse Vaders. Allerlei interessante kwessies kom ter sprake, soos ware misdaad teenoor fiktiewe misdaad en die vraag waarom, in ʼn land deurdrenk van bloed, mense net meer en meer soek.
9 Mar 2013 5AM 45 min

Die einde van die wêreld

Asteroïdes, supervulkane, marsmannetjies, mega-tsoenami’s of sonstorms – hoe gaan die wêreld eindig? Sandra Troskie pols skrywer Johannes Bertus de Villiers oor voorspellings van waarsêers, wetenskaplikes, sterrekykers en oorlewingskenners. Wat sal jý doen as jy hoor die wêreld eindig binnekort?
9 Mar 2013 6AM 46 min

Die Vloek

Die vloek – sondes van die vaders van Johan Kruger was op die kortlys van die 2010/2011 LAPA Romankompetisie. Riana Scheepers beskryf dit as ’n ‘verbysterende roman (…) wat een keer in ’n dekade homself aanmeld. Groots, ambisieus, geskakeerd en aangrypend’. Joernalis Jan-Jan Joubert stel die skrywer voor en gesels…
9 Mar 2013 8AM 45 min
12 – 22