US Woordfees Skrywersfees 2014

Skrywersfees 2014

Lekker opnames van die 2014 Skrywersfees produksies in die Boektent en Erfurthuis.
English South Africa TV & Film · Arts
10 Episodes

Nederlandse skrywers op besoek

Ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijck-stigting en Fonds Neerlandistiek: Die dinamiese en veelsydige Vlaamse Bart Moeyaert, wat sy 50ste verjaarsdag in 2014 vier, lees uit sy werk saam met die Nederlandse topdigter Naomi Perquin. Moeyaert, wat o.m. stadsdigter van Antwerpen was, is al veelvuldig bekroon…
10 Mar 2014 7AM 53 min

Woordkaros

Met Basil Kivedo, Dianne Ferrus en Elias P. Nel. Musikant: Joey Erasmus: ’n Geliefde Woordfees-aanbieding keer terug! Dis ’n lappieskombers uit die hoed, noukeurig aanmekaargestik met uitgesoekte woorde. Dis grootlieg- en lekkerlagstories. Dis emotiewe gedigte. Dis lekker musiek. Alles met sorg byeen gelas om jou te laat skater, te laat…
15 Mar 2014 3AM 48 min

E-boeke en selfpublikasie: kuns of kulkuns?

Met Madri Victor, Suzette Kotze-Myburgh en Nèlleke de Jager: Is e-boeke die haas uit die hoed en toekoms van die boekbedryf? Is dit wys om as skrywer slegs e-boeke te publiseer? Wanneer is selfpublikasie ’n beter opsie as tradisionele of e-boek-uitgewers? Madri Victor gesels met Suzette Kotze-Myburgh en Nèlleke de…
14 Mar 2014 8AM 52 min

33 Jaar van boekverkope

Met Lana Barnett, Kerneels Breytenbach, Melt Myburgh en Nèlleke de Jager: Hoe het die publiek se leesvoorkeure in 33 jaar verander en watter impak het dit op die boekindustrie? En wat hou die toekoms in? Lana Barnett, HUB van Leserskring, gesels met Kerneels Breytenbach, ʼn oud - uitgewer en skrywer,…
15 Mar 2014 8AM 38 min

Vertalings: Afrikaans en Engels, hand aan hand

Aangebied deur Umuzi: Met Fourie Botha, Kirby van der Merwe, Jaco Botha en Dominique Botha Die afgelope jaar of wat is verskeie romans gelyktydig in Engels en Afrikaans uitgegee. Maar is daar in die Suid-Afrikaanse letterkunde plek vir beide? En wat behels die vertaling van dié tekste? Die sprekers bekyk…
15 Mar 2014 4AM 48 min

Personas uit die hoed

Aangebied deur LAPA: ’n Gesprek tussen Izak de Vries en Chanette Paul oor Raaiselspieël en Siende Blind . Hulle fokus op die spel tussen werklikheid en fiksie, want hierdie tekste gaan oor die kulkuns van skryf, oor vals persoonlikhede en die werklikheid wat soms veel meer betowerend is as die…
11 Mar 2014 4AM 48 min

Toneelskrywers

Met Adam Small, Chris Barnard, Saartjie Botha en Nicola Hanekom: Kom luister na teksskrywers oor generasies heen. Die uitgelese paneel gesels oor die stand van teaterteksskryf, tendense en die oorlewing van toneel . Wat maak ’n teks tydloos en ’n wenner?
15 Mar 2014 7AM 40 min

Mengelmoes-digters

Diana Ferrus, met Gaireyah Fredericks, Nazlee Jeppie, Merle Danhouse, Annelize Laban, Theresa Carstens,Fiona Fertyn en Edroy Kyster: Kom maak kennis met hierdie opwindende groep digters wat hul kreatiwiteit gereeld by die Breytenbach - sentrum in Wellington slyp onder die bekwame leiding van die bekende Diana Ferrus. Hulle kriewel rond in…
13 Mar 2014 3AM 35 min

My roman, my memoir

Met Estelle Kruger, Wilna Adriaanse, Annelie Botes en Dominique Botha: Die memoir is tans groot nuus in Amerika, maar dié genre is nog nie behoorlik ontgin in die Afrikaanse letterkunde nie. Onlangs het daar boeke verskyn met ’n onmiskenbare outobiografiese inslag. EstelleKruger gesels met Wilna Adriaanse (’n Klein lewe), Annelie…
13 Mar 2014 3AM 48 min

Nostalgie van die jeug

Aangebied deur LAPA: Riana Scheepers en Leti Kleyn, samestellers van Spoorvat: jeugherinneringe van Afrikaanse skrywers , het skrywers gevra om hul kinder - of jeugervarings te woord te stel. Die resultaat is ’ n towermooi bloemlesing van 36 stories. Ons vat die spoor terug na die verlede; ’n verlede so…
15 Mar 2014 9AM 45 min