Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
27
JUN

Fiks vir die lewe

Martin Luther King het gesê “Kom ons lewe saam in vrede en liefde in 'n geliefde land.” Ongelukkig lyk dit nie na die geval in Suid-Afrika nie: 'n verdagte wat as hom 'n pastoor voordoen via Facebook, verkrag sy slagoffers; twee jong kinders is raakgeskiet tydens 'n plaasaanval in Limpopo; 'n 22-jarige vrou vermoor haar kêrel en steek sy lyk onder die bed weg. Hoe kan ons hier in Suid-Afrika in liefde en vrede saamleef?
20
JUN

Fiks vir die lewe

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisie het geslagsgebaseerde geweld toegeneem tydens die Covid-19-inperkings. Daarby sê president Ramphosa dat dit nie so kan aangaan nie, en het hy 'n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die kultuur van stilte rakende geslagsgebaseerde geweld in die land hok te slaan.
13
JUN

Fiks vir die lewe

Die dood van die Amerikaner, George Floyd, het wêreldwye betogings tot gevolg gehad. Met dit in gedagte, sowel as die dood van mense op plase, tydens inbrake, in bendekruisvuur, met huisgeweld, sterftes te wyte aan die Covid-19-virus, laat dit die vraag ontstaan - wat is die waarde van 'n lewe?
06
JUN

Fiks vir die lewe

Daar is mense wat die Covid-19-virus die virus van onsekerheid noem. Miskien omdat niemand weet wanneer dit gaan uitwoed nie. En juis daarom is mense al hoe meer onseker oor wat die toekoms vir hulle inhou: hoe gaan hulle werksgeleenthede daar uitsien, hulle finansies, die skoolsituasie, die politiek, die kerk?
30
MAY

Fiks vir die lewe

Die afgelope paar dae was dit voorbladnuus: die meningsverskil tussen die akademikus, prof. Glenda Gray van die Mediese Navorsingsraad, en die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, oor sekere maatreëls wat in die grendeltyd geld. Hoe hanteer jy sulke verskille?
23
MAY

Fiks vir die lewe

Daar is toenemende ongeduld by baie Suid-Afrikaners oor die Covid-19-inperkings en -voorskrifte. Sommige meen dat hulle menseregte geskend word, terwyl ander nie sin kan maak van baie van die voorskrifte nie. Humeure begin opvlam. Hoe kan jy steeds kalm bly in hierdie omstandighede?
17
MAY

Fiks vir die lewe

Vir baie mense lyk die huidige omstandighede met Covid-19, donker en uitsigloos, vol storms en woestyne - die grendeltyd maak dinge moelik; ek word voorgesê hoe om te lewe; my werk en verhoudingslewe is in gedrang; my geld droog op en ek weet nie meer verder nie. Hoe nou gemaak?
09
MAY

Fiks vir die lewe

Die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, se jongste navorsing wys dat vier uit elke tien mense nie meer vertroue in die Suid-Afrikaanse regering het wat hul hantering van die Covid-19 pandemie betref nie. Wat veroorsaak dat vertroue kan omsit in wantroue, en hoe kan dit herstel word?
02
MAY

Fiks vir die lewe

Volgens die jongste inligting van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing oor gevolge van die inperking, het een uit elke vier Suid-Afrikaners nie geld vir kos nie, raak baie gesinne alhoemeer afhanklik van kospakkies om te oorleef, sukkel 63% om hulle rekeninge te betaal, terwyl kleiner besighede hulle deure toemaak en personeel afdank. Dalk genoeg rede vir baie mense se emosionele moegheid, onsekerheid en depressie?
25
APR

Fiks vir die lewe

Die Amerikaanse filosoof-skrywer en motiveringspreker, Guy Finley, sê dat niks in die wêreld jou kan keer om iets te los en weer oor te begin nie. Iets van hierdie “oorbegin” loer op die horison na Suid-Afrikaners wanneer die inperkingsmaatreëls opgehef word. Hoe gaan ek weer die stukke vorentoe optel?
18
APR

Fiks vir die lewe

Die Griekse wysgeer, Aristoteles, het gesê: “Die dood is die verskriklikste van alle dinge want dit is die einde.” En nou met die Corona-virus in omloop, is dit die een oorheersende ding waarvoor almal bang is. Hoe moet ons daaroor dink en die dood hanteer?
11
APR

Fiks vir die lewe

Iemand sê dat stres een van die mees selfvernietigende verskynsels van ons tyd is. En noudat die Corona-virus die hele wêreld in sy greep het, ervaar baie Suid-Afrikaners erge stres. Hoe hanteer ons dit?

224 episodes

« Back 1—12 More »