Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
20
SEP

Leefwêreld van die gestremde 20 September 2020

Fanie du Toit kyk na statistiek van beroertes. Een uit elke vier mense kry iewers in hulle lewe 'n beroerte. Daar is ook toenemend gevalle van jongmense wat 'n beroerte kry. Jacqui January gesels met 'n ma van twee kinders, wat albei met Tipe 1 Diabetes en outisme gediagnoseer is. Sy vertel van die skok en stres wat dit meebring, en die uiteindelike aanvaarding.
13
SEP

Leefwêreld van die gestremde 13 September 2020

Fanie du Toit vind meer uit van die werksaamhede van die SA Federasie vir Gestremdheid. En Jacqui January het gaan uitvind van die werk wat die Breede Rivier Vereniging vir Mense met Gestremdhede doen. Dis 'n wye gebied met 'n paar maatskaplike werkers en toegewyde vrywilligers wat wonderlike werk doen vir mense met gestremdhede in hierdie deel van die Boland.
30
AUG

Leefwêreld van die gestremde 30 Augustus 2020

Fanie du Toit hoor hoe 'n veilige tuiste en werkplek vir volwassenes met intellektuele gestremdhede uit die boks dink, en versorgers en inwoners tydens die inperking stimuleer en gelukkig hou. Jacqui January gesels met Vanessa Viviers wat met Spina Bifida gebore is.  Sy is ‘n suksesvolle menslike hulpbronwerker by ‘n ingenieursmaatskappy. Haar passie is om ‘n netwerk te vestig vir algemene tot ongemaklike vrae wat persone met gestremdhede wil vra om hulleself te bemagtig.
23
AUG

Leefwêreld van die gestremde 23 Augustus 2020

Fanie du Toit praat met Therina Wentzel van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede oor hulle werk, en die grootste fondsinsamelingsinisiatief, Losli dag, wat deur Covid-19 beïnvloed is. Jacqui January vind meer uit van die plasing van jongmense met intellektuele- en leergestremdhede in die arbeidsmark, en die ondersteuning wat lewenslank aan hulle gebied word.
16
AUG

Leefwêreld van die gestremde 16 Augustus 2020

Fanie du Toit gesels met 'n blinde man wat ondersteuning bied aan ander persone met gestremdhede in die Overstrandgebied. Hy vertel hoe gestremdes sukkel om stigmatisering af te skud, en met Covid-19 het dit net moeiliker geword. Jacqui January gesels met 'n kampvegter vir die regte van mense met gestremdhede. Dorithy-Anne Howitson is gestremd en moet nou die tuig as kampvegter neerlê a.g.v van gesondheidsredes. Sy vertel van haar stryd met Post Polio Sindroom.
09
AUG

Leefwêreld van die gestremde 9 Augustus 2020

Fanie du Toit gesels met 'n mobiliteitspraktisyn oor daaglikse vaardighede vir persone met gehoorverlies en mense wat skielik hulle visie verloor. Jacqui January kyk na wetgewing oor kopiereg wat toegang tot leesstof vir persone met leesgestremdhede verseker. Dit is reeds in baie lande in plek, maar in Suid-Afrika sloer dit.
02
AUG

Leefwêreld van die gestremde 2 Augustus 2020

Fanie du Toit hoor hoe kwesbare persone en mense met kroniese siektetoestande, substansie-afhanklikheid tydens die Covid-pandemie kan hanteer. Ashley Theron is die bestuurshoof van die AGS Welsyn. Hy vertel van hulle gesin- en kinderversorgingsprojek. Ashley het 24-jarige seun met Downsindroom, en vertel hoe graag hy na Josh Groban en Afrikaanse musikante luister.
26
JUL

Leefwêreld van die gestremde 26 Julie 2020

Fanie du Toit hoor hoe kwesbare persone en mense met kroniese siekte toestande, vrese en angs tydens die Covid-pandemie kan hanteer. En Jacqui January vind meer uit oor die versorging en bemagtiging van die versorgers van persone met demensie.
19
JUL

Leefwêreld van die gestremde 19 Julie 2020

Fanie du Toit praat met 'n tolk oor hoe hy persone wat doofblind is by vergaderings insluit, en hoe daar met hulle gekommunikeer word. Jacqui January gesels met die vrou van 'n visueel gestremde man. Sy vertel van hulle ontmoeting, hulle werk onder blindes en wat sy by haar man leer.
12
JUL

Leefwêreld van die gestremde 12 Julie 2020

Fanie du Toit hoor hoe vrywilligers betrokke kan raak om persone met visuele gestremdhede te ondersteun. Hy het ook nuus oor 'n organisasie wat die insluiting van gestremde persone in die werksplek help verseker. Jacqui January fokus op Geestesgesondheidsmaand, en kyk na die versorging van persone met demensie.
05
JUL

Leefwêreld van die gestremde 5 Julie 2020

Fanie du Toit praat met Stefanie Botha van Innovation for the Blind, wat sedert 1881 persone met visuele gestremdhede en doof-blindes versorg, oor vaardigheidsontwikkeling om persone met die gestremdhede gereed te kry vir die arbeidsmark. Jacqui January praat mey 'n 24-jarige blinde man, wat homself as platejoggie wil vestig. Werkloosheid is een van die uitdagings waarmee hy te kampe het, maar hy werk hard daaraan om sy droom te verwesenlik.

49 episodes

« Back 1—12 More »