Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
25
MAR

Skrywers en Boeke

Kinderboekskrywer Alba Bouwer sou vandeesmaand 100 jaar oud gewees het, en 'n heruitgawe omnibus van haar gewilde Rivierplaas- en Ruyswyck-stories het pas verskyn. Jy kan luister na uittreksels uit twee argiefopnames waarin Bouwer gesels oor haar skryfwerk, en die aktrise Mila Guy lees ook 'n uittreksel uit 'n Rivierplaas-storie. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor vertaalde fiksie.
18
MAR

Skrywers en Boeke

Ses dekades gelede is Afrikaanse letterkunde heeltemal verander deur 'n groep skrywers, digters en dramaturge na wie steeds verwys word as die Sestigers. Luister in hierdie program na 'n informele gesprek (uit die argiewe) wat opgeneem is tydens Bartho Smit se sestigste verjaarsdag in 1984. Jy kan die stemme hoor van Smit, Chris Barnard, Jan Rabie, Andre P. Brink en Etienne Leroux. In sy insetsel kyk Johan Myburg na die finaliste vir die Women's Prize for Fiction, en gesels ook oor skrywers wat supervirusse en pandemies in hul fiksie beskryf het.
11
MAR

Skrywers en Boeke

Die eerste Afrikaanse vertaling van 'n Jodi Picoult-roman het onlangs in Afrikaans verskyn. Hoor hoe die topverkoper internasionale skrywer daaroor voel. Ilse Salzwedel gesels met die geskiedskrywer Albert Blake, oor sy werk. Vind uit wie onlangs aangewys is as wenners van die LAPA Jeugromankompetisie, en watter boek wat oorspronklik in Afrikaans uitgegee is, se Engelse weergawe onlangs benoem is vir die Booker International letterkundeprys se langlys.
04
MAR

Skrywers en Boeke

Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach, koordineerder van die US Woordfees se Skrywersfees, oor vanjaar se program. Olivia Coetzee, skrywer van INNIE SHADOWS, vertel vir Ilse Salzwedel hoekom sy gekies het om haar debuutroman in Kaaps te skryf. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor W.H. Auden, en jy kan ook 'n stemopname hoor waarin Auden een van sy eie verse voorlees.
26
FEB

Skrywers en Boeke

Sonya van Schalkwyk-Barois, die vrou agter die splinternuwe Afrikaanse vertalings van die Kuifie-strokiesprentreeks, vertel vir Ilse Salzwedel hoe sy die enorme taak benader. Sonya is ook die vertaler van die baie gewilde Asterix en Obelix-reeks, waarvan daar reeds meer as 20 nuwe Afrikaanse titels op die rak is. Jy kan ook luister na 'n mini-drama uit die argiewe uit die pen van Cor Nortje. En Johan Myburg vertel meer oor die kortlyste vir die gesogte British Book Awards, of Nibbies.
19
FEB

Skrywers en Boeke

Luister na argiefmateriaal oor die digter, liedjieskrywer en dramaturg Rosa Keet, wat onlangs haar 75e verjaarsdag gevier het. Keet was instrumenteel in die ontstaan van die Musiek-en-Liriek-beweging. Die werk van die Nobelprysbekroonde skrywer J.M. Coetzee, wat onlangs 80 geword het, word ook belig. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor interessante gebeure in die internasionale boekewêreld.
12
FEB

Skrywers en Boeke

Hoe omskep jy 'n klassieke roman soos DIE SWERFJARE VAN POPPIE NONGENA in 'n rolprent? Dramaturg Saartjie Botha vertel hoe sy en haar mededraaiboekskrywer Christiaan Olwagen dit gedoen het vir die rolprent Poppie Nongena. Jy kan ook luister na 'n klanksnit uit die argief waarin Elsa Joubert vertel van die reaksie op haar bekroonde roman. Marie Heese vertel vir Ilse Salzwedel van die inspirasie vir haar boek PETER PAN EN LAURIE, 'n opvolgverhaal vir die klassieke jeugverhaal Peter Pan and Wendy. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel meer oor die Costa Boek van die Jaar-wenner, THE VOLUNTEER.
05
FEB

Skrywers en Boeke

Ilse Salzwedel gesels met Stefaans Coetzee, skrywer van WIT WOLF, oor hoe boeke sy lewe tydens sy byna twee dekades in die tronk verander het. 1 Februarie was Internasionale Hardop-voorleesdag, maar hoekom is dit so goed vir kinders? Ilse vertel ook meer van 'n paar oulike kinderboeke vir voorlees en self lees. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder andere oor die kortlys vir die Dylan Thomas-prys.
29
JAN

Skrywers en Boeke

Ilse Salzwedel gesels met Sidney Gilroy oor sy debuutroman KLIKBEK. Jy kan ook luister na 'n argiefopname waarin die digter en skrywer Wilma Stockenström van haar gedigte voorlees. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae onder andere oor AMERICAN DIRT, 'n boek wat tans tot groot debat lei in die VSA.
22
JAN

Skrywers en Boeke

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Kerneels Breytenbach oor sy nuwe roman HOND SE GEDAGTE. Johan Myburg deel interessante nuus uit die internasionale boekewêreld, en vertel onder andere meer oor 'n nuwe roman wat geinspireer is deur die lewe van die sanger Leonard Cohen.
15
JAN

Skrywers en Boeke

Ilse Salzwedel praat met Christine Barkhuizen-Le Roux oor haar roman My naam is Prins en ek slaap met die lig aan. Johan Myburg vertel wat in die internasionale boekewêreld gebeur.
08
JAN

Skrywers en Boeke

Ilse Salzwedel gesels met Chris Karsten oor sy nuwe roman ANDERMAN SE VROU. Jy kan ook luister na 'n argiefopname uit 1991 waarin die bekende skrywer Audrey Blignaut een van haar essays voorlees. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde gee Johan Myburg 'n kort voorskou van boeke wat in 2020 verskyn.

50 episodes

« Back 1—12 More »