Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
09
APR

Praat Saam

Die VSA het in een dag die meeste Covid-19 sterftes gehad toe 1,736 sterftes aangeteken is. Dit bring die getal sterftes op meer as 12,700 te staan. Die Chinese stad, Wuhan, waar die siekte sy oorsprong het, het intussen sy inperkingstydperk - wat elf weke geduur het – opgehef. Het die intelligensiesektore wêreldwyd hulle regerings gefaal met vroeë waarskuwings oor die dreigende gevare wat die virus inhou?
08
APR

Praat Saam

British American Tobacco het 'n beroep op die regering gedoen om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef. Die regering het die verbod as deel van die inperkingsmaatreëls geregverdig deur navorsing wat wys dat rokers sieker kan word as nie-rokers as hulle Covid-19 sou opdoen. Wat is die impak op die bedryf?
07
APR

Praat Saam

Die voormalige burgemeester van Stellenbosch, Conrad Sidego, is verlede week op 73-jarige ouderdom oorlede. Hy het verskeie poste beklee en was onder meer in 1991 die ambassadeur in Denemarke. Sidego was tussen 2011 en 2016 die burgemeester van Stellenbosch. Die DA se federale voorsitter, Ivan Meyer, sê onder Sidego se leierskap het Stellenbosch van krag tot krag gegaan en is een van die munisipaliteite wat die beste bestuur word. Sidego was aan die begin van sy loopbaan 'n joernalis, en is die eerste bruin persoon wat vir 'n Afrikaanse koerant gewerk het. Ons kyk na Conrad Sidego se nalatenskap en bydra tot 'n demokratiese Suid-Afrika.
06
APR

Praat Saam

Die afgelope paar dae het twee prominente Suid-Afrikaners gesterf. Ons kyk oor twee dae na die nalatenskap van generaal Constand Viljoen en Conrad Sidego, en hulle bydraes tot die diskoers van die land.
03
APR

Praat Saam

Die Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê 'n regter sal aangestel word om die privaatheid van individue te beskerm wanneer mense opgespoor word wat kontak met coronaviruspasiënte gehad het. In nog regulasiewysigings tydens die nasionale staat van inperking het die Minister van Handel en Nywerheid, Ebrahim Patel, gesê beide noodsaaklike en nie-noodsaaklike vrag sal tydens die tyd in Suid-Afrika toegelaat word. Patel sê vrag sal by aankoms ontsmet word. Wat is die waarde en belangrikheid van beleidsekerheid in tye van pandemies?
02
APR

Praat Saam

President Cyril Ramaphosa het 'n reeks maatreëls bekendgemaak ter ondersteuning van die ekonomie om die las van sakeondernemings, veral kleinsake-eienaars te verlig. Dit sluit in 'n bedrag van R500-miljoen as hulp vir kleinsakeondernemings en R200-miljoen vir toeroperateurs wat groot skade ly weens die wêreldwye reisbeperkings. Daarbenewens is 'n solidariteitsfonds op die been gebring waartoe individue, maatskappye en organisasies kan bydra. Die fonds sal aangewend word vir persone wat erg geraak word weens die huidige krisis. Die fonds se webwerf is solidarityfund.co.za. Hoe lyk die staat se plan en maatreëls, en wie kry wat?
01
APR

Praat Saam

Die Departemente van Basiese en Hoër Onderwys het beloof om alles in die stryd te werp om te verhoed dat die 2020- akademiese jaar verlore gaan. Die twee departemente het die media in Pretoria toegespreek tydens die nasionale inligtingsessie deur die regering se bevelraad oor Covid-19. Skole en universiteite is gesluit weens die staat van inperking. Wat is die impak van Covid-19 op die onderwysstelsel?
31
MAR

Praat Saam

Die regering se verbod op drankverkope in die tyd van inperking het veroorsaak dat verskeie burgers enkele dae voor die amptelike inperking se aanvang, tou gestaan het by drankwinkels om vooraad vir die drie weke te kry. Hoe lyk Suid-Afrikaners se verhouding met drank, en het ons te afhanklik daarvan geword? Indien jy hulp benodig met drankafhanklikheid skakel 021-461-1111 of stuur 'n Whatsapp na 082-887-6440.
30
MAR

Praat Saam

'n Taverne-eienaar se lisensie is teruggetrek en die eienaar is met R25 000 beboet weens drankverkope tydens die inperking. Diegene wat daar die elmboog hoog gelig het, is glo ook R1 000 elk beboet. Waarom die wetteloosheid en trae houding om die wette na te kom?
27
MAR

Praat Saam

Die Departement van Arbeid oorweeg 'n aantal ingrypende regulasies om die gevolge van die coronaviruspandemie op werkers te beperk. Die regulasies oor vergoeding vir werkers wat die virus in die werkplek opdoen, sluit onder meer verlengde siekverof in vir werkers met beperkte siekverlof. Geregistreerde werkers wat weens die coronavirus hulle werk verloor, sal vir drie maande werkloosheidsversekering ontvang. Die uitbetaling van voordele aan naasbestaandes van werkers wat aan die siekte sou sterf, word ook oorweeg. Sommige werkers kla egter dat hulle werkgewers hulle nie kan dwing om onbetaalde verlof te neem nie. Wat is die impak wat die inperkings op werkgewers en werknemers het?
26
MAR

Praat Saam

Die agentskap vir maatskaplike sekerheid, Sassa, sê maatskaplike toelaes aan ouer mense en mense met gestremdhede sal vandeesmaand vroeër beskikbaar wees om te verhoed dat groot groepe mense by betalingspunte saamdrom. Dit word op 30 en 31 Maart uitbetaal. Wie sien om na die kwesbares in ons gemeenskap wat meer vatbaar is vir Covid-19?
25
MAR

Praat Saam

Vanaf Donderdag 26 Maart om middernag sal die land vir 21 dae in 'n noodtyd van inperking wees om die verspreiding van die corona-virus te keer. As jy nie deel uitmaak van noodsaaklike dienste nie, moet jy in jou huis bly. Indien jy uitsluip of die wet verontagsaam, is daar gevolge. Ons gesels oor die regsaspekte van inperking soos afgekondig deur die president.

49 episodes

« Back 1—12 More »