Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
27
MAR

Praat Saam

Die Departement van Arbeid oorweeg 'n aantal ingrypende regulasies om die gevolge van die coronaviruspandemie op werkers te beperk. Die regulasies oor vergoeding vir werkers wat die virus in die werkplek opdoen, sluit onder meer verlengde siekverof in vir werkers met beperkte siekverlof. Geregistreerde werkers wat weens die coronavirus hulle werk verloor, sal vir drie maande werkloosheidsversekering ontvang. Die uitbetaling van voordele aan naasbestaandes van werkers wat aan die siekte sou sterf, word ook oorweeg. Sommige werkers kla egter dat hulle werkgewers hulle nie kan dwing om onbetaalde verlof te neem nie. Wat is die impak wat die inperkings op werkgewers en werknemers het?
26
MAR

Praat Saam

Die agentskap vir maatskaplike sekerheid, Sassa, sê maatskaplike toelaes aan ouer mense en mense met gestremdhede sal vandeesmaand vroeër beskikbaar wees om te verhoed dat groot groepe mense by betalingspunte saamdrom. Dit word op 30 en 31 Maart uitbetaal. Wie sien om na die kwesbares in ons gemeenskap wat meer vatbaar is vir Covid-19?
25
MAR

Praat Saam

Vanaf Donderdag 26 Maart om middernag sal die land vir 21 dae in 'n noodtyd van inperking wees om die verspreiding van die corona-virus te keer. As jy nie deel uitmaak van noodsaaklike dienste nie, moet jy in jou huis bly. Indien jy uitsluip of die wet verontagsaam, is daar gevolge. Ons gesels oor die regsaspekte van inperking soos afgekondig deur die president.
24
MAR

Praat Saam

Vir die eerste keer in ons nasionale demokrasie is Suid-Afrika in 'n nasionale staat van inperking wat sal geld vanaf middernag Donderdag tot middernag 16 April 2020. Alle Suid-Afrikaners moet tuisbly, tensy jy deel uitmaak van noodsaaklike nooddienste. Wat is die impak op gesinne en die politieke leierskap wat openbaar word?
23
MAR

Praat Saam

President Cyril Ramaphosa sal hopelik vandag terugvoer gee oor die land se huidige rampbestuurmaatreëls om die verspreiding van die coronavirus te beperk. Verskeie politieke partye en sakelui het gister hulle steun aan die president en die regering se pogings gegee om die verspreiding te bekamp. Ons praat oor toekomsbeplanning te midde van 'n pandemie in 'n tyd van onsekerheid en krisis. Waaroor het jy werklik beheer?
20
MAR

Praat Saam

Verbruikers word ontmoedig om paniekaankope te doen omdat die nuwe maatreëls vir grensbeheer ook op individue van toepassing is. Die Minister van Handel en Nywerheid, Ebrahim Patel, sê slegs die beweging van mense word beperk, en die maatreëls wat geïmplementeer is, sal nie 'n negatiewe uitwerking op invoere hê nie. Hy sê kritieke nywerhede soos gesondheidsorg en die verskaffers van voedsel en drank, sal verseker dat die verskaffingsketting nie ontwrig word nie. Wat is egter die moontlike impak wat die Covid-19 virus op ons voedselsekerheid kan hê?
19
MAR

Praat Saam

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê sy verklaring dat die uitbreking van die Coronavirus van 'n epidemie tot 'n pandemie aangepas is, is nie om paniek te saai nie. Die organisasie sê die doel hiervan is om regerings aan te spoor om hulle pogings te verskerp om verdere verspreiding te voorkom. Ons probeer sin maak van die sielkundige impak wat paniek en vrees kan meebring.
17
MAR

Praat Saam

Mediese kenners in Suid-Afrika waarsku dat mense met 'n chroniese siekte hulle gesondheidstoestand moet monitor. In Suid-Afrika is ons op dag 2 van die nasionale krisis. Watter mediese bekommernisse het jy oor Covid-19?
16
MAR

Praat Saam

Die Anglikaanse kerk in Kaapstad het basiese, maar noodsaaklike voorsorg getref tydens sy eredienste om te verhoed dat die Coronavirus versprei. Eerwaarde Michael Weeder van St. George's katedraal, sê kerkgangers is nie verplig om hand te skud of uit die gemeenskaplike nagmaalbeker te drink nie. Hy sê die ampsdraers sal ook sorg dat die nagmaalbeker ontsmet word sodra iemand daaruit gedrink het. Wat is die rol van geloof in 'n tyd van krisis, en hoe omhels jy wetenskaplikes se benadering?
13
MAR

Praat Saam

Die parlement sal na verwagting aan die einde van die maand terugvoer kry oor voorgestelde wysigings aan artikel 25 van die Grondwet. Daar was betekenisvolle meningsverskille onder lede van president Ramaphosa se adviespaneel oor grondonteiening sonder vergoeding. Wat is die vooruitsigte vir die landbousektor?
12
MAR

Praat Saam

Die regering se beplande Nasionale Gesondheidsversekering het opposisiepartye, burgerlike organisasies en ontleders op hol. Wat is so weersinwekkend aan die idee dat alle Suid-Afrikaners gelyke toegang tot die beste mediese sorg kry?

50 episodes

« Back 1—12 More »