Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
18
MAY

Praat Saam

Verlede week het die Minister van Staatsdiens en Administrasie, Senzo Mchunu, 'n beroep op staatsamptenare gedoen om die regering in te lig wanneer hulle persoonlike beskermende toerusting benodig. Mchunu het terugvoer gegee oor die werksaamhede van die openbare sektor te midde van die vlak 4 Covid-19 inperkingsmaatreëls. Intussen het Besigheidseenheid Suid-Afrika gevra dat die ekonomie heropen word met voorwaardes en enkele uitsluitings om grootskaalse werkloosheid af te weer. Wat is die staat se benadering teenoor die private sektor en staatsdiens as dit kom by die hantering van Covid-19?
15
MAY

Praat Saam

Die ANC sê die land gaan deur 'n leerproses met die Covid-19-pandemie, daarom het die president erken dat sommige foute met inperkingsmaatreëls gemaak word. Die president het aangekondig dat die land moontlik tot aan die einde van die maand tot op Vlak 4 ingeperk word, maar daar is dalk sekere provinsies wat vroeër na Vlak 3 kan beweeg, afhangende van verdere konsultering. Gebiede wat erg deur die virus geraak word, kan strenger ingeperk word. Die afgelope weke is die regering geloof, gekritiseer, gemaan en word nou ook hof toe gesleep weens hulle hantering van die inperkingsreëls. Watter rol speel politieke ideologie in hierdie krisis, en hoe beinvloed dit burgerlike verhoudinge?
14
MAY

Praat Saam

Die Noord-Kaap is steeds besig om afgetrede verpleegkundiges te werf. Die provinsiale Departement van Gesondheid bied sedert verlede jaar eenjaar kontrakte aan vir verpleegsters wat die beroep verlaat het. Diegene wat terugkeer, werk hoofsaaklik in algemene sale. Amptenare sê die doel van die werwing is onder meer om verpleegkundiges teen Covid-19 te beskerm omdat mense ouer as 60 meer vatbaar vir die virus is. Hoe pas ons die konsep van gesondheidsetiek onder Covid-19 omstandighede toe?
13
MAY

Praat Saam

Verbruikers met oortrokke geriewe, en maatskapye wat steeds in 'n posisie is om hulle skuld te diens, sal voordeel trek uit die verlaging in rentekoerse. Die afgelope tyd word ons oorval met vrae van luisteraars oor hoe om te oorleef as hulle geen inkomste verdien nie weens die inperking. Wat is die opsies om te oorweeg?
12
MAY

Praat Saam

Oortreders wat skuldig bevind word aan die verspreiding van fopnuus oor die coronavirus kan tot ses maande tronkstraf opgelê word. Die storie oor Covid-19-toestelle wat kwansuis besmet is, het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei, en is maar net een van vele samesweringsteorieë in omloop. Hoe skei jy die kaf van die koring?
11
MAY

Praat Saam

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet het 'n beroep op die regering gedoen om dringend stappe te doen om die meer weerlose groepe in die gemeenskap te beskerm teen die uitwerking van die landswye staat van inperking. Hoe verseker jy die toepassing van die grondwet en wetgewing oor ramptoestande sonder om burgers se menseregte en vryheid van keuse in gedrang te bring?
08
MAY

Praat Saam

Die uitdagings van die Covid-19-pandemie kan jou lamlê of knak, maar dit bied ook geleenthede vir sosiale innovasie in 'n krisis. Hoe herskep jy jou nuwe normaal?
07
MAY

Praat Saam

Die voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler, JP Duminy, sê dit is 'n voorreg om deel van 'n veldtog te wees wat kospakkies en maskers aan gemeenskappe in Kaapstad versprei. Hoe help nie-regeringsorganisasies in hierdie tye van nood?
06
MAY

Praat Saam

Die geleidelike verslapping van die inperkingsmaatreëls het vrese laat ontstaan dat daar 'n skerp toename in infeksies van die coronavirus kan wees. Prof. Salim Abdool Karim meen die styging in die getal infeksies is onafwendbaar aangesien daar geen immuniteit is nie, en ook nie 'n entstof nie. Hoe sinvol en effektief is Suid-Afrika se strategie tot dusver?
05
MAY

Praat Saam

Vakbonde het bevestig dat hulle in gesprek is met die regering oor die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Intussen het die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, die lugdiens se sakereddingspraktisyns opdrag gegee om die spertyd uit te stel vir werknemers om aansoek te doen vir skeidingspakkette. Hoe volhoubaar is herstrukturering of 'n nuwe nasionale lugdiens?
04
MAY

Praat Saam

Suid-Afrika se dodetal weens die coronavirus styg steeds, en daar is al hoe meer gevalle van geslagsgeweld. Watter impak het die inperking op ons persoonlike verhoudings?
01
MAY

Praat Saam

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê hy het die Inkomstediens genader om te help verseker dat mense wat 'n inkomste verdien, nie die noodverligtingstoelaes eis nie. Wat is die verhouding, indien enigsins, tussen maatskaplike toelaes en werkloosheid?

49 episodes

« Back 13—24 More »