GROOTfm 90.5 #SlatDiePad

#SlatDiePad

Ruben Delmage #SlatDiePad huis toe, weeksmiddae tussen 15:00 – 18:00. Ruben is 'n trotse Bloubul, gemaklik in sy vel en sien altyd kans om te lag oor ‘n “lame” grappie. Hy maak jou pad huis toe elke weeksmiddag lig en vrolik, met inspirasie en ‘n tikkie nostalgie. As jy nog nie ‘n vuur aangesteek het teen die tyd wat jy inskakel op Ruben Delmage se #SlatDiePad nie, gaan jy beslis teen die einde van sy program al ‘n vleisie braai... Da’ vat hy! Dit is onaanvaarbaar om nie in te skakel wanneer Ruben op die lug is nie!
Draai daai radio se knop en #TjoenIn!
Weekly English South Africa Technology
180 Episodes
12 – 32

Juanita du Plessis op #SlatDiePad

Juanita du Plessis het op #SlatDiePad by Ruben Delmage en Nina Coetzer kom inloer om te gesels oor haar en Snotkop se splinternuwe enkelsnit #RukDieDam. Snotkop het ook vinnig by ons via Zoom aangesluit. Luister gerus weer hier na die podcast.
8 Sep 2020 16 min

Arrie Nel Apteek op Slat Die Pad

Ruben Delmage #SlatDiePad huis toe, weeksmiddae tussen 15:00 – 18:00. Ruben is 'n trotse Bloubul, gemaklik in sy vel en sien altyd kans om te lag oor ‘n “lame” grappie. Hy maak jou pad huis toe elke weeksmiddag lig en vrolik, met inspirasie en ‘n tikkie nostalgie. As jy nog…
24 Mar 2020 7 min

#SlatDiePad Korona-virus, jou werk en die wet

As jy gewonder het wat die wet sê oor die Korona-virus en jou werk kan jy gerus weer hier luister na die #PodCast. Ons het met die kenner, Hugo Pienaar van Cliffe, Dekker en Hofmeyr gesels hieroor.
16 Mar 2020 14 min

#SlatDiePad Retief Burger - Oorwin

Retief Burger het op #SlatDiePad kom inloer om te gesels oor van sy grootste uitdagings wat hy al moes oorwin. Ons het ook gesels oor sy nuwe album wat pas vrygestel is en ook oor hoe ons as Christene moet reageer en dink oor die Korona-virus in ons land. Luister…
16 Mar 2020 23 min

#SlatDiePad Chante Tragedie

Chante is 'n nuwe opkomende sangeres en het op #SlatDiePad by Ruben Delmage kom inloer om te gesels oor haar heel eerste enkelsnit Tragedie wat pas vrygestel is. Luister gerus weer hier.
5 Mar 2020 13 min

#SlatDiePad Ed Kowalczyk van die band Live

Ed Kowalczyk van die band Live het met Ruben Delmage gesels oor hulle opkomende toer in SA! Live sal in SA wees 6 en 7 November by die Sun Arena Time Square en dan in Kaapstad op die 10de November. Hier is wat hy gesê het voor die toer na…
26 Feb 2020 9 min

#SlatDiePad Paul Smit oor Empatie en Onvoorwaardelike Liefde

1. WAT is die sleutel om ‘n vehouding in ‘n ritme van groei en genees te dwing? 2. Die krag van VERSTAAN en Empatie in ‘n verhouding 3. Hoekom is Luister, verstaan, empatie so waardevol in enige verhouding? 4. Wat is die rol van Onvoorwaardelike liefde in ‘n verhouding se…
24 Feb 2020 30 min

#SlatDiePad Paul Smit oor Ritme vind in verhouding en sterkpunte

Paul Smit, verhouding spesialis, het op #SlatDiePad kom kuier om te gesels oor verhoudings. 1. Verhoudings se energie bestaan uit die teenoorgestelde energie (opposites). Is dit waar? Hoekom is dit die energie wat ‘n verhouding se sukses kan bepaal of sy vernietiging kan beteken? 2. Hoe kan paartjies ‘n goeie…
17 Feb 2020 28 min

#SlatDiePad Paul Smit oor "Triggers" in verhoudings

Paul Smit, Verhouding spesialis, het op #SlatDiePad by Ruben Delmage kom inloer om te gesels oor "triggers" in verhoudings. 1. Wat is ‘n Trigger? 2. Hoe vorm ‘n trigger? 3. Hoe herken ek ‘n trigger? 4. Hoe genees ons van triggers? Luister gerus weer hier na die Podcast.
10 Feb 2020 25 min

#SlatDiePad Paul Smit Verhouding spesialis

Paul Smit, Verhouding Spesialis het op #SlatDiePad by Ruben Delmage kom inloer tydens die maand van liefde om te gesels oor verhoudings. Luister gerus weer hier na die #PodCast.
3 Feb 2020 30 min

#SlatDiePad Kripto Geldeenhede

Dewald Rosema - Stiger van Crypto Assets SA en Marius du Plessis van Wealth Leaders het op #SlatDiePad by Ruben Delmage kom gesels oor kripto-geldeenhede. Luister gerus weer hier na die #PodCast.
13 Nov 2019 20 min

#SlatDiePad Ted Blom - Energiekenner oor Eskom

Ted Blom, energiekenner, het op #SlatDiePad by Ruben Delmage kom inloer om te gesels oor die stand van sake by Eskom en om Minister Gordhan se aksieplan vir Eskom te kom ontleed. Luister gerus weer hier na die #PodCast
30 Oct 2019 23 min

#SlatDiePad Bakkies Botha

Bakkies Botha braai hierdie hele week elke liewe dag om, soos hy dit noem, in die "Zone" te kom vir die RWC2019 finaal wat hierdie naweek plaasvind tussen die Bokke en Engeland. Ruben Delmage kon toe nou nie die geleentheid vir 'n braai misloop nie so Bakkies het vir hom…
29 Oct 2019 6 min
12 – 32