Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
953 Episodes
12 – 32

Arno Carstens sing vir geliefdes buite SA

“Wat ek die meeste van Suid-Afrika gemis het, was die fauna en flora, en familie en vriende. Dit is die goed wat jy mis: die horison, sonsondergange en jou mense.”
13 Mar 11 min

Wonder jy nog oor vuurwapeneienaarskap?

Maroela Media het in ons ateljee met JC Lamprecht en Heinke Hartdegen van die opleidingsentrum Bravo Tactical Africa oor verantwoordelike vuurwapenbesit gesels. Ian Cameron, ʼn gemeenskapsveiligheidsaktivis en direkteur van Firearms Guardian, het ook verduidelik waarom hy dink ʼn soort leefstylaanpassing is nodig as dit by die besit van vuurwapens kom…
11 Mar 16 min

Pretoria-fees is die plek waar jy wil wees

Liza en Ross Welsh, koördineerders van die Pretoria-fees, het in Maroela Media se ateljee kom draai om meer oor vanjaar se fees te vertel. Hulle sê dié fees beloof die grootste pret vir elke lid van die gesin in ʼn veilige en gesellige omgewing. Luister boaan hierdie berig na die…
11 Mar 12 min

Wat is wanvoeding en kan dit voorkom word?

In dié reeks gesels Maroela Media met kenners oor voeding van jong kinders, hoe wanvoeding kinders se algehele gesondheid beïnvloed en hoe ouers kan help om daarteen te waak.
7 Mar 10 min

Mike Bolhuis gee raad oor slenters

Tientalle mense bevind hulself vandag verstrengel in slenters, en dít sonder om te weet hoe hulle hulself daaruit gaan wikkel. Mike Bolhuis gee raad.
29 Feb 31 min

Liedjieskrywer vind haarself in Afrikaans

“Nou luister ek verskriklik baie Afrikaanse musiek, kyk Afrikaanse rolprente en lees Afrikaanse boeke. Dit is dinge wat ek ook nooit voorheen gedoen het nie.”
19 Feb 9 min

Franja, Ruan sing oor liefde vir SA

“Dis ʼn voorreg om so ʼn groot projek saam met jou sussie te kan aanpak. Ek dink nie baie mense kry die voorreg om as familie so te kan saamwerk nie en ons verstaan mekaar so goed.”
12 Feb 13 min

‘Wys jou vleis’-broekies maak Boerboel volksbesit

Volgens die mede-eienaar van die Boerboel-klerereeks is die oorspronklike Boerboel-broekie, wat as die PT-broekie bekend staan, geskoei op ʼn patroon van sy oupa se grassnybroekie, “ʼn stokou broekie wat ek net so fabriek toe gestuur het”.
2 Feb 23 min
12 – 32