Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
29
MAY
2018

ANDRÉ PRETORIUS: REISE DEUR DIE KERKHERVORMING

In gesprek met: Cas Wepener.
Aangebied deur Naledi.
Aan die vooraand van die 500ste
herdenking van die begin van die
Protestantse Kerkhervorming loop dié
reisskrywer terug op die spore van Martin
Luther en Johannes Calvyn. Hy besoek
die plekke waar grootse omwentelinge
hulle afgespeel het, eet, drink en gaan
kerk toe daar en soek raakpunte met sy
eie kerkgeskiedenis in verre Suid-Afrika.
29
MAY
2018

PHILIP DE VOS: VANDAG IS EK ’N WINDLAWAAI

Met: Piet Grobler.
Aangebied deur Protea Boekhuis.
Geïnspireer deur die klavierwerk
Kinderszenen van Robert Schumann,
kombineer Philip sy stuitige rympies
en kennis van klassieke musiek met
Tertia Visser-Downie se klavierspel en
Piet Grobler se prag-illustrasies.
29
MAY
2018

INGRID JONKER: DIE LAASTE BIOGRAFIE

Aangebied deur Penguin Random House.
Petrovna Metelerkamp het al die inligting
wat sy oor dié kultusdigter versamel het
nou bygewerk met indringende nuwe
navorsing en eksklusiewe foto’s. Sy vertel
vir Karin Schimke hoe talle voorheen
onbeantwoorde vrae oor Ingrid se lewe
en dood beantwoord word en hoe die
beeld weerlê word wat die wêreld van
Ingrid het. Sy wys van die foto’s en speel ’n
opname van ’n voorlesing deur Ingrid self.
29
MAY
2018

DIGTERSPARADYS

Aangebied deur NB-Uitgewers,
Naledi en Penguin Random House.
’n Jaarlikse hoogtepunt wanneer bekende
en debuutdigters hulle werk deel. Gilbert
Gibson, Jolyn Phillips, Pieter Fourie,
Fourie Botha, Daniel Hugo, Clinton V. du
Plessis en Nuwe Stemme 6 se Remona
Voges en Jaco van der Merwe lees voor.
04
MAY
2018

ROGER MELLO: ‘KWAAI PAPEGAAI’

In gesprek met: Piet Grobler.
Piet, seker een van ons bekendste
illustreerders en deesdae professor
van illustrasie aan die Universiteit van
Worcester in Engeland, gesels met dié
multibekroonde illustreerder uit Brasilië.
Roger, ’n gewilde en gesogte gas by
boekfeeste wêreldwyd, het in 2014 die
hoogste eer vir kinderboekillustrasie
ontvang, die Hans Christiaan Andersenmedalje,
vir sy delikate, kleurryke
werk wat in die Visuele Kunste-gebou
te koop is. Piet gesels met hom oor
sy lewe, visuele taal en temas.
04
MAY
2018

HYKIE BERG: ‘MY LEWE MET DWELMS’

In gesprek met: Helena Olivier.
Aangebied deur Lux Verbi.
Helena Olivier hoor by die bekende
akteur wanneer hy sy deurbraak gemaak
het. En wanneer hy aan dwelms verslaaf
geraak het. Hykie se persoonlike verhaal,
wat sy laagtepunt het in ’n maksimumsekuriteitsel
in die Weskoppieshospitaal,
is een van suiwer genade.
04
MAY
2018

TREE AAN: DIGTERS IN AKSIE!

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers,
die Kaapse Forum vir Neerlandistiek,
SASNEV en die Vlaamse Regering.
Van die Kaapse Vlakte tot Antwerpen wys
dié digters wat van ‘n gedig ‘n show maak.
Die Kaapse rapper en woordtowenaar
Churchil ‘Meneer Naudé’ Naudé, die
Gansbaaise digter Jolyn Phillips en
die veelbekroonde Vlaamse digter en verhoogkunstenaar Charlotte van den
Broeck vertel – en wys – vir Danie Marais
hoe jy poësie voordra, uit jou kop lees,
met die gehoor speel, kletsrym, en jou
verhoogvrees beheer sónder om beheer
te verloor.
04
MAY
2018

JOHN W FREDERICKS: SKOLLIE

In gesprek met: Herman Lategan.
Aangebied deur Penguin Random House.
Suid-Afrikaanse gehore was verlede
jaar in vervoering oor Noem my Skollie,
die fliek wat op die lewe van John W
Fredericks gegrond is. Herman praat
met John oor Skollie, sy aangrypende
memoires, getik met net met één vinger,
sy lewe as ’n bendelid en Pollsmoortronkvoël,
en hoe sy talent om stories
te vertel hom laat oorleef het sodat hy
hom vandag ‘’n skrywer’ kan noem.
04
MAY
2018

RIAN VAN HEERDEN: DINGE WAT EK NIÉ MOES GESÊ HET NIE

Met: Ivor Price.
Aangebied deur Tafelberg.
Met sy eerste TV-optrede as hoërskoollaaitie
het Rian van Heerden die volk al die
josie in gemaak. En sedertdien het dinge
nie beter gegaan nie. Die radio- en TVpersoonlikheid
vertel vir Ivor hoekom.
04
MAY
2018

BOEKKLUB: 55 VOOR 12/ 55 TO 12 – SKRYWERS OM DIE LANGTAFEL

Met: Jacques Pauw, Valda Jansen,
Alexandra Fuller, SJ Naudé, Masande.
Ntshanga, Eben Venter, Fred Khumalo,
Karin, Ghaireyah Fredericks, Jolyn Phillip,
Sean Christie en Heindrich Wyngaard.
Twaalf skrywers – Afrikaans en Engels –
kom bymekaar teen die agtergrond van
toenemende vreemdelingehaat, onrus
wêreldwyd en die verkrummeling van
magstrukture om vrae uit te trap, soos wat
beteken dit om in vandag se werklikheid
te skryf en wie kry die reg om sê wat dié
werklikheid is? Kan jy nog as skrywer ’n
bydrae maak om 55 minute voor 12?
Jean Meiring tree op as gespreksleier.
04
MAY
2018

TOT DIE DOOD ONS SKEI

Met: Schalk Schoombie,
Julian Jansen en André le Roux.
Aangebied deur Human &
Rousseau en Tafelberg.
Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat
te vermoor? Of sy ouers? In Tot
die dood ons skei kyk Schalk na die
verskynsel van ‘intieme’ vrouemoord en
diep grusame voorbeelde op, terwyl
Julian vir Die De Zalze-moorde die storie
agter die storie vertel van dié skokkende
Stellenbosse gesinsmoord. André,
wat in Narsiste, psigopate, stalkers en
sadiste verskeie moordenaarsprofiele
ontleed, soek saam antwoorde.
04
MAY
2018

CECILE CILLIERS: DIE OU VROU en DIE PRIESTER EN ANDER KORTVERHALE

In gesprek met: Martie Meiring.
Aangebied deur Human & Rousseau.
Een van die bekende Boeksusters (met
sus Madeleine van Biljon nog op M-Net)
en gewilde rubriekskrywer het eindelik
haar eerste eie kortverhaalbundel die lig
laat sien. Sy gesels met Martie oor haar
temas, soos wat in ’n huwelik ongesê bly,
die oorweldigende blindheid van ’n eerste
liefde, die menigte vorms wat verlies kan
aanneem, en bowenal die uitdagings wat
met ouderdom gepaardgaan.

73 episodes

« Back 25—36 More »