US Woordfees 2018: Skrywersfees

2018: Skrywersfees

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfees 2018.
Occasionally English South Africa Arts · TV & Film
73 Episodes
36 – 56

LAG-LAG DIE MOEILIKSTE

Met: Rudie van Rensburg, Bennie Fourie, Beer Adriaanse en Ernest van der Kwast. Moontlik gemaak deur die Kaapse Forum vir Neerlandistiek en SASNEV. Twee romanskrywers en twee draaiboekskrywers het een ding in gemeen: Hulle stories is snááks! Rudie skryf oor ’n ouetehuisopstand en die Nederlander Ernest van der Kwast oor…
3 May 2018 59 min

DANA SNYMAN EN NATHAN TRANTRAAL: DIE KLEURE VAN ONS LAND

Aangebied deur Tafelberg en Kwela. ’n Reisskrywer en digter vertel elkeen skrynend eerlik die stories van hulle mense – Dana in sy reisverhaalbundel Op pad, en Nathan in Wit issie ’n colour nie, oor die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Loftus Marais vra hulle uit.
3 May 2018 57 min

BOEKKLUB: RAY KLUUN, DIE ONWILLIGE SUPERSTER

In gesprek met: Francois Smith. Moontlik gemaak deur SASNEV. Dit sit nie in enigeen se broek om 1,2 miljoen eksemplare van ’n boek te verkoop nie. Te meer as dit jou debuut is en jy dit eintlik geskryf het om skuld en rou op papier uit te stort. Dis die…
3 May 2018 54 min

HARTLAM: LIEFDE MET TANDE

Met: Malene Breytenbach, Pieter van Zyl en Gerda Taljaard. Aangebied deur Tafelberg. Liefde het vele gedaantes: Erotiese liefde, moederliefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, liefde tot die dood toe … Verken die vele gesigte van liefde, en nie almal is mooi nie. Madri Victor doen die vrawerk.
3 May 2018 59 min

FRANSJOHAN PRETORIUS: VERSKROEIDE AARDE

In gesprek met: Carel van der Merwe. Aangebied deur Tafelberg. Die redakteur van dié bygewerkte glansweergawe van 2001 se topverkoper oor die Britte se verskroeide aarde-beleid tydens die Anglo-Boereoorlog vertel meer omtrent die nuwe inhoud, soos die storie van Lizzie van Zyl (die foto van ’n uitgeteerde meisie op ’n…
3 May 2018 1 hr 11 min

HOEVEEL % MOREEL IS DIE KERK? HET DIE KERK ’N MONOPOLIE OP MORALITEIT?

Met: Nelis Janse van Rensburg, Imam Shakier Vermeulen en Julie Claassens. Daar word gemeen dat die kerk sigself as die ‘morele polisie’ beskou. ‘Is dans sonde?’ was immers ’n belangrike vraag in die 70’s en 80’s. En die Sondagkoerant is in die geheim gelees. Vandag nog word die kerk soms…
3 May 2018 1 hr 01 min

RUDIE VAN RENSBURG: HANS STEEK DIE RUBICON OOR

In gesprek met: Kerneels Breytenbach. Aangebied deur Queillerie. Hans wil op 90 op sy éie terme oud word en neem Huis Madeliefie op horings met ’n properse ouetehuisopstand. Kerneels vra die bekende misdaadskrywer uit oor sy bitterlik snaakse roman, waar daggakoekies, ontkleedansers en vet sports aan die orde van die…
3 May 2018 54 min

KAREL SCHOEMAN SE LAASTE STEMME

Met: Dan Sleigh, Louise Viljoen, Cas Wepener en Tim Huisamen. Aangebied deur Human & Rousseau. Dié historiese improvisasie is een van Schoeman se laaste literêre werke voor sy afsterwe in 2017. Dit is ook die laaste teks waar hy sy hand aan fiksionele stemme waag – die opklink van ’n…
3 May 2018 53 min

ALEX MOUTON: IRON IN THE SOUL

In gesprek met: Hermann Giliomee. Aangebied deur Protea Boekhuis. Dit neem uitsonderlike karaktereienskappe – of ‘iron in the soul’, om Van Zyl Slabbert aan te haal – om die leier van die amptelike opposisie te wees. Alex en Hermann, skrywer van Die laaste Afrikanerleiers, bespreek die loopbane van die sogenaamde…
3 May 2018 50 min

ANTOINETTE PIENAAR: DIE LANG MAN SONDER SKADUWEE

In gesprek met: Dave Pepler. Aangebied deur Penguin Random House. Die geliefde RSG-kruievrou en topverkoper-skrywer van Kruidjie roer my sit in haar jongste boek haar roeping as geneser voort. Sy en haar getroue vennoot, Oom Johannes, vertel Dave hoe Karookruie ingespan kan word om allerhande kwale te genees, en watter…
3 May 2018 47 min

ADAM SMALL: DENKER, DIGTER, DRAMATURG

Met: Sandra Kotze, Cobus Rossouw, Steward van Wyk en Pieter Odendaal. Aangebied deur Protea Boekhuis. In 1974, tydens die eerste professionele opvoering van Kanna hy kô huis toe in die toe Nico Malan-teater, was die wit gehoor in vervoering oor dié poëtiese ‘nuwe stem’. Sandra was Makiet onder regie van…
3 May 2018 1 hr 01 min

IRMA JOUBERT EN HANS DU PLESSIS

Aangebied deur LAPA Uitgewers. Ilse Salzwedel vra twee topverkopers uit oor die inspirasie vir hulle jongste historiese verhale. Irma se Mentje – kind van Pas-Opkamp vertel van ’n Nederlandse oorlogwesie wat alleen ’n onderduikkamp en die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945 moet oorleef. Hans skryf ook oor ’n kinderkarakter…
3 May 2018 47 min

‘BOEKKLUB’: ALEXANDRA FULLER – A RHODESIAN CHILDHOOD

In conversation with: Ingrid Winterbach. She grows up during the bush war that helped turn Rhodesia into Zimbabwe – the family’s bombproof Landrover is nicknamed Lucy. She survives a terrible, avoidable death that turns her funloving Scottish mother into a crazy drunk and for which she, as a child of…
3 May 2018 1 hr 08 min

GEORGE BIZOS: 65 YEARS OF FRIENDSHIP

In conversation with: Edwin Cameron. Presented by Penguin Random House. The world-renowned human-rights lawyer talks to Judge Cameron about his new book, a touching homage to his friendship with Nelson Mandela and a fascinating tale of two men whose work affected the lives of all South Africans – arguing in…
3 May 2018 1 hr 05 min

ZUMA: VYAND NOMMER EEN

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers en Penguin Random House. Met: Adriaan Basson, Pieter du Toit, Pieter-Louis Myburgh en Max du Preez. Max ondervra ’n nuwe generasie ondersoekende joernaliste wat nie skroom om die waarheid te publiseer nie – ondanks die prys. Adriaan en Pieter ontleed Zuma se grootskaalse korrupsie en…
3 May 2018 58 min

ANDRÉ BARTLETT: WEERLOSE WEERSTAND

In gesprek met: Jean Oosthuizen. Aangebied deur Protea Boekhuis. Jean lei dié reguit gesprek met die bekende teoloog en predikant oor sy in-diepte ondersoek na die NG kerk se omstrede gay-beleid. Deelnemers is die gay teoloog Pieter Oberholzer, wat weens sy seksuele oriëntasie nie toegelaat is om sy roeping in die…
2 May 2018 1 hr 01 min

WINSTON WICOMB: DIE ‘MECHANIC’ IN CHRIS BARNARD SE SPAN

Met: Amos van der Merwe en Hanlie Retief. Aangebied deur Naledi. Anders as sy broer, die sanger Randall Wicomb, is dié baanbreker-navorser grootliks onbekend in sy geboorteland. Die geskiedenis van sy stryd teen verwerping weens sy velkleur, sy sukkelbestaan as jeugdige en die verstommende storie van hoe ’n Volkswagen-werktuigkundige in…
2 May 2018 1 hr 07 min

RIANA SCHEEPERS: STORMKIND

In gesprek met: Dave Pepler. Aangebied deur Tafelberg Bekroonde skrywer Riana Scheepers gesels met Dave oor magiese realisme en die San-verhale waaruit haar jongste roman voortgevloei het – die storie van ’n meisietjie wat net drie jaar oud was toe haar ma spoorloos verdwyn het …
2 May 2018 46 min
36 – 56