Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
03
MAY
2018

HOEVEEL % HERVORM IS DIE KERK? WATTER PERSENTASIE IS ‘HERVORMD’? (IS DIE HERVORMING IETS OM TE GEDENK?)

Met: Vader Wim Lindeque, Robert Vosloo
en Jean Oosthuizen.
Op 31 Oktober 2017 was dit 500 jaar
sedert Martin Luther sy 95 stellings teen
die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker
het. Oor die kerke van die reformasie
word egter gesê ecclesia reformata semper
reformanda (’n gereformeerde kerk moet
altyd reformeer). Hoe gaan dit met die
gereformeerde kerke en wat moet in 2018
hervorm word?
03
MAY
2018

IRMA JOUBERT EN HANS DU PLESSIS

Aangebied deur LAPA Uitgewers.
Ilse Salzwedel vra twee topverkopers
uit oor die inspirasie vir hulle jongste
historiese verhale. Irma se Mentje – kind van Pas-Opkamp vertel van ’n Nederlandse oorlogwesie wat alleen ’n onderduikkamp
en die berugte Hongerwinter van 1944
en 1945 moet oorleef. Hans skryf ook oor
’n kinderkarakter in Drie vroue en ’n meisie,
wat handel oor vier geslagte vroue op die
Hoëveld en hulle droom van ’n beter lewe.
03
MAY
2018

‘BOEKKLUB’: ALEXANDRA FULLER – A RHODESIAN CHILDHOOD

In conversation with: Ingrid Winterbach.
She grows up during the bush war that
helped turn Rhodesia into Zimbabwe
– the family’s bombproof Landrover is
nicknamed Lucy. She survives a terrible,
avoidable death that turns her funloving
Scottish mother into a crazy drunk
and for which she, as a child of eight,
feels responsible … These last days of
colonialism are at the heart of Alexandra
Fuller’s internationally acclaimed 2002
memoir, Don’t Let’s Go To The Dogs Tonight.
She talks to Ingrid about a world of taboos
and projected shame, about living in
Wyoming after being separated from her
all-American husband, and ‘the beautiful
and terrible’ she wrestles with in writing.
03
MAY
2018

GEORGE BIZOS: 65 YEARS OF FRIENDSHIP

In conversation with: Edwin Cameron.
Presented by Penguin Random House.
The world-renowned human-rights lawyer
talks to Judge Cameron about his new
book, a touching homage to his friendship
with Nelson Mandela and a fascinating
tale of two men whose work affected the
lives of all South Africans – arguing in
favour of the Constitution, which is under
threat in the current political climate.
03
MAY
2018

ZUMA: VYAND NOMMER EEN

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers
en Penguin Random House.
Met: Adriaan Basson, Pieter du Toit,
Pieter-Louis Myburgh en Max du Preez.
Max ondervra ’n nuwe generasie ondersoekende
joernaliste wat nie skroom om
die waarheid te publiseer nie – ondanks
die prys. Adriaan en Pieter ontleed Zuma
se grootskaalse korrupsie en hoe ’n nasie
begin terugveg het in Zuma – Enemy of
the People, en Pieter-Louis verklap in The
Republic of Gupta – A Story of State Capture
meer omtrent die manne wat die
staatskoffers plunder.
02
MAY
2018

ANDRÉ BARTLETT: WEERLOSE WEERSTAND

In gesprek met: Jean Oosthuizen.
Aangebied deur Protea Boekhuis.
Jean lei dié reguit gesprek met die
bekende teoloog en predikant oor sy
in-diepte ondersoek na die NG kerk se
omstrede gay-beleid. Deelnemers is die
gay teoloog Pieter Oberholzer, wat weens
sy seksuele oriëntasie nie toegelaat is
om sy roeping in die NG kerk te beoefen
nie, en LGBTI-aktivis Michelle Boonzaaier,
een van die mense wat die kerk hof toe
geneem het oor die laaste sinodebesluit.
02
MAY
2018

WINSTON WICOMB: DIE ‘MECHANIC’ IN CHRIS BARNARD SE SPAN

Met: Amos van der Merwe en Hanlie Retief.
Aangebied deur Naledi.
Anders as sy broer, die sanger Randall
Wicomb, is dié baanbreker-navorser
grootliks onbekend in sy geboorteland. Die
geskiedenis van sy stryd teen verwerping
weens sy velkleur, sy sukkelbestaan as
jeugdige en die verstommende storie van
hoe ’n Volkswagen-werktuigkundige in
prof. Chris Barnard se laboratorium en toe
teater beland het, lees soos ’n moderne
sprokie. Kom luister hoe Winston en
Amos, sy biograaf, met Hanlie gesels.
02
MAY
2018

RIANA SCHEEPERS: STORMKIND

In gesprek met: Dave Pepler.
Aangebied deur Tafelberg
Bekroonde skrywer Riana Scheepers
gesels met Dave oor magiese realisme
en die San-verhale waaruit haar jongste
roman voortgevloei het – die storie van
’n meisietjie wat net drie jaar oud was
toe haar ma spoorloos verdwyn het ...
02
MAY
2018

TANNIE EVITA EN PIK ONTHOU MADIBA

Met: Pieter-Dirk Uys, Pik Botha,
Denis Cruywagen en Melanie Verwoerd.
In die eeufeesviering van Madiba se
geboortejaar onthou vier mense wat oor
ons eerste demokraties-verkose president
geskryf het die mens agter die woorde.
Tannie Evita én Pieter-Dirk is daar, Pik
huldig die man met wie hy ’n ‘onbekende
en intieme verbintenis’ gehad het, en
Denis die spirituele leier. En in volle
sirkelgang lei ’n Verwoerd die gesprek!
02
MAY
2018

BLOEDGELD IN IRAK

Met: Oud-Recce Johan Raath en
Abel Esterhuyse.
Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers.
’n Oud-Recce plaas sy lewe op die spel
om BBP’s en ingenieurs te beskerm wat
Irak ná die oorlog moet opbou. Johan se
dramatiese Blood Money gee vir die eerste
keer insae in wat dit verg om vandag in
Irak diens te doen. Hy praat met Abel
van die Militêre Akademie, wat die breër
prentjie van private militêre kontrakteurs
se rol in hedendaagse konflikte skets.
02
MAY
2018

BOEKKLUB: MY LAASTE GESPREK MET KAREL SCHOEMAN

Met: Willem Landman, in gesprek
met Frederik de Jager.
‘Moenie moeite doen om hierop te reageer
nie … ek is van plan om my rekenaar nou
simbolies af te skakel.’ Met dié woorde sluit
Karel Schoeman sy e-pos aan Willem op
1 Mei 2017 af voor hy sy lewe beëindig.
Willem, ’n lid van Dignity SA se uitvoerende
komitee, vertel in dié eerste WoordfeesBoekklubgesprek
eksklusief van sy laaste
gesprekke met en besoeke aan Schoeman.
Ook van die keer toe Schoeman hom gevra het om op sy bed te gaan sit en te sien
wat hy laaste sou sien. Frederik, ’n ouduitgewer,
voer die gesprek, en Antoinette
Kellermann lees voor uit Slot van die dag.
04
APR
2018

MARION ERSKINE: VLERKE VIR ALMAL

Met: Vicky Davis.
Aangebied deur Human & Rousseau.
Amanda Todd was 15 toe sy deur middel
van flitskaarte op video vertel het hoe een dom besluit haar lewe verwoes
het. Daarna het sy haar lewe geneem.
Dié werklike voorval was die dryfveer
vir Marion om ’n storie oor boelies te
skryf – oor hoe een seun, ’n hakkelaar,
besluit: ‘genoeg’. Ilza Roggeband gesels
met Marion oor tieners, sosiale media
en sy eie merkwaardige ervaring met
boelies, terwyl Vicky vertel hoe sy haar
teksverwerking en regie vir die Woordfeestoneelstuk,
Vlerke vir almal, benader het.

73 episodes

« Back 49—60 More »