Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
04
APR
2018

JONATHAN JANSEN: AS BY FIRE

In gesprek met: Frans Rautenbach.
Aangebied deur Tafelberg.
Die voormalige rektor van die Universiteit
van die Vrystaat gee ’n binne-perspektief
op die werklike wortels van die studenteprotes
van 2015/16 en praat met Frans
(South Africa Can Work) oor wat hy
glo universiteite moet doen om die
samelewing se hulpbronne doeltreffend te
kanaliseer sodat genoeg studente toegang
tot hoë-gehalte onderwys kan kry.
21
MAR
2018

TANT ANNA EN DIE 25 SHAKESPEARE-SONNETTE

Met: Karin Hougaard.
Op 80 het Anna Neethling-Pohl, dramadoyenne
en skoonsuster van NP van Wyk
Louw, 25 van Shakespeare se sonnette
in Afrikaans vertaal – ‘om te wys ek kan’.
Dié gedigte is nou op CD beskikbaar,
voorgelees deur Karin Hougaard. Sy gesels
oor die projek se ontstaan met Ingrid
Glorie, koördineerder van die Week van de
Afrikaanse roman, en lees gedigte voor.
21
MAR
2018

IZAK DU PLESSIS: BOEREVERNEUKERS!

In gesprek met: Martelize Brink.
Aangebied deur Penguin Random House.
RSG se Izak vertel vir Martelize meer
van sy heerlike versameling Afrikaanse
swendelaars, swierbolle en swerkaters
wat van ons land se grootste skelmstreke
gepleeg het, en waar hy hulle almal
raakgelees het. Van die karakters is
minder bekend; ander het byna mitiese
status in die Afrikaanse psige verwerf.
20
MAR
2018

FRANZ MARX: SPIEËLBEELD

Aangebied deur Protea Boekhuis.
Die veelbekroonde TV-skrywer/vervaardiger
se debuut is ’n spanningsverhaal
wat teen die skunnige agtergrond van
Johannesburg se ontkleeklubs en die
administratiewe kantore van internasionale
sakeondernemings afspeel. Akteur,
dramaturg en nou ook skrywer Schalk
Schoombie vra Franz uit oor wat terselfdertyd
’n speurtog, en ’n ironiese soeklig
op hedendaagse Afrikaansheid is.
20
MAR
2018

ELSA JOUBERT: SPERTYD

Aangebied deur Tafelberg.
Ter viering van haar 95e verjaarsdag
en die publikasie van die slot van haar
outobiografiese trilogie, vooraf gegaan
deur ’n Wonderlike geweld en Reisiger, het
Ena Jansen ‘n eksklusiewe onderhoud met
Elsa gevoer, wat in Berghof-aftreeoord
opgeneem is waar die boek ook afspeel.
Dié onderhoud word uitgesaai, waarna
Ena met Elsa se seun, Nico Steytler, en
haar uitgewer, Etienne Bloemhof, gesels.
20
MAR
2018

RAMAPHOSA: BEHIND THE ENIGMA

With: Max du Preez.
What does Ray Hartley’s Ramaphosa –
The Man Who Would Be King say about the
enigma that is the new ANC president –
ambitious, charming, a born negotiator,
astute businessman, the boy who at a
young age told his friend that he would
one day be president? In this centenary
year of Nelson Mandela, who anointed
him as his successor, everyone wants
to know: Does he have what it takes
to turn SA around? Max du Preez will
lead the discussion with Hartley, Cape
Talk’s Koketso Sachana and former Sky
News achorman Jeremy Thompson.
12
MAR
2018

KAROOGESPREK

Met: David Kramer, Eben Venter,
Darryl David en Louis Botha.
’n Musiekkunstenaar, skrywer,
organiseerder van boekfeeste en fotograaf
vertel watter rol dié magiese, droë stuk
aarde in hulle werk speel. David skets die
agtergrond van die bekende Karoo Kitaar
Blues en van die liedjies op sy nuwe CD,
Wakkerslaap, Eben lees voor uit sy roman
Groen soos die hemel daarbo, Darryl (die
enigste Indiër-dosent van Afrikaans in
Suid-Afrika) vertel van sy Karoo-feeste soos
BoekBedonnerd, en Louis gee ’n voorsmaak
uit sy nuwe koffietafel-fotoboek, Karoo.
12
MAR
2018

MARK BEHR: NUSAS-LlEIER OF SPIOEN?

Met: Pearlie Joubert en Gerrit Olivier.
Met Die reuk van appels in 1993 inspireer
Mark Behr ‘n generasie rebelle. Drie jaar
later erken dié 30-jarige hy het as ’n
student vir die Suid-Afrikaanse Polisie
gespioeneer – dit, terwyl hy voorsitter
van die Stellenbosse Nusas-tak was.
Pearlie, ’n bekende joernalis, het ná Mark
se dood in 2015 haar studentevriend se
hanteerder opgespoor. Gerrit, ’n Witskollega
en vriend, was by die aand toe
Mark siek begin voel het. Hulle gesels
oor ’n briljante, maar komplekse man.
10
MAR
2018

DEON EN KLUUN: ROCK-STERRE IN DIE SKRYWERSWÊRELD

Moontlik gemaak deur Human
& Rousseau en SASNEV.
Deon Meyer is onlangs vir die Icelandic
Noir-toekenning benoem en het al Duitse,
Franse en Amerikaanse pryse gewen. Sy
Vrou in die blou mantel (weer met Bennie!)
was ’n opdragwerk vir die Amsterdamse
Boekeweek. Nederlander Ray Kluun het
meer as 1 miljoen boeke verkoop met
sy debuut – in Engels, Love Life en in
Afrikaans, ’n Vrou gaan dokter toe. Altwee
trek skares. Altwee tree wêreldwyd op.
Kirby van der Merwe wil weet wat is die
voordele, maar ook slaggate van sukses.
09
MAR
2018

JACQUES PAUW: THE PRESIDENT’S KEEPERS

In gesprek met: Pauli van Wyk
Aangebied deur Tafelberg.
‘Dinamiet’, inligting wat ‘soos ‘n veldbrand’
deur die ANC sal trek, is hoe dié boek
voor die tyd beskryf is. En dit was.
Jacques, ’n bekroonde joernalis wat die
apartheidmoordbendes aan die kaak
gestel het, rig hierin sy soeklig op die
skadu-mafiastaat van Zuma en die bende
72 73
wat hom in sy plek as Nommer Een hou. In
sy boek ontbloot Jacques, deur jare se
volgehoue speurwerk, ’n spoor van leuens
en kontant, meelopers en spioene tot
selfs geheime ontmoetings in Rusland.
Daily Maverick se Pauli lei die gesprek.
07
MAR
2018

ELIZE BOTHA AS GESPREKSGENOOT: ’n BRIEWEBOEK

Aangebied deur Litera.
Chris van der Merwe gesels met
samesteller Heilna du Plooy en wyle
prof. Elize Botha se dogter, Liesbeth,
oor die briewe deur en aan dié
geliefde literator en oud-kanselier
van die US aan van die bekendste
skrywers en letterkundiges van
daardie tyd. Hy wil in besonder
weet wat die verantwoordelikheid
is wanneer ’n mens werk met sulke
persoonlike korrespondensie.

73 episodes

« Back 61—72 More »