100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
822 Episodes
12 – 32

Bent Banana oop vir enigiets

Pieter Stolk het sy kleinsaak Bent Banana gedoop, omdat dit hom nie beperk in watter produkte hy kan skep nie. Tans is sy fokus op koekies, beskuit en joghurtkaas. Hy vertel van sy kosreis.
12 Apr 11 min

Pumas gasheer vir Valke vanaand in SA Beker

Die Airlink Pumas speel vanaand tuis by Mbombela-stadion teen die Valke in die SA Beker. Dit na hul oorwinning verlede week van 50-0 teen die Cheetahs in Bloemfontein hulle tweede op die punteleer plaas. Hulle kuier in die ateljee.
12 Apr 11 min

Dr. Lizelle Grobler: Aktiveer jou brein

Dr. Lizelle Grobler, 'n metafisiese wetenskaplike, sê daar is soveel van ons breine wat ons die verstaan nie. "Jy sien nie met jou oë nie - jou brein maak die prentjie," illustreer sy vir Sonop Ontbyt.
11 Apr 17 min

Wees gaaf met prokureurs

Jy gaan eendag die dienste van 'n prokureur benodig - en nie noodwendig vir iets negatief nie. Chemay Drotsky vertel vir Skedaddle, op Wees-gaaf-met-jou-prokureur-dag, hoe hulle eerstens daar is om te verseker geregtigheid geskied.
10 Apr 14 min

IPA kry weer lewe in Mpumalanga

Die Mpumalanga-tak van die International Police Association (IPA) is weer aktief en gen. maj. Nico Gerber, die hoof van die Valke in die provinsie, nooi almal wat tans of voorheen in wetstoepassing gewerk het, om by hulle aan te sluit en uitreikwerk in die gemeenskap te doen.
9 Apr 8 min

Vroue raak al hoe dieper in die skuld

National Debt Advisers sê Suid-Afrikaanse vroue raak al dieper in die skuld – teenoor mans – en dit is deels te wyte aan die geslagsloongaping. Dehan Scherman van National Debt Advisers sê Statistieke SA beraam dit op ongeveer gemiddeld 30%.
4 Apr 13 min

Gin-ilicious baie meer as jenewer produkte

Glaudia Maulgue het na 'n Covid-verwante aflegging ontwerperswater begin verkoop. Intussen het Gin-ilicious die produkaanbieding aansienlik uitgebrei. Sy sê entrepreneurs moet vasbyt en aanhou glo in hul produk.
4 Apr 9 min

Wêreld Outismedag vandag herdenk

Vandag is Wêreld Outismedag en die hele maand word daaraan gewy om bewusmaking te kweek oor outismespektrum-versteuring (OSV). Die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) is betrokke by twee groot geleenthede wat dit vier en hulp bied volgende week in die Laeveld. Stigter Cindy Coetzee vertel meer.
2 Apr 8 min

BIA: Vlekkie in my nekkie

Die plaaslike sangeres, BIA, het haar jongste enkelsnit en musiekvideo vir "Vlekkie in my nekkie" op 100.5FM kom bekendstel.
29 Mar 7 min

Pumas in eerste wedstryd tuis die seisoen

Die Airlink Pumas speel vandag hul eerste tuis wedstryd in die SA Beker-toernooi wanneer hulle die gashere is vir die Oostelike Provinsie. Die pienktruie het verlede week hul veldtog met 'n oorwinning van 43-22 oor die SWD Arende in George begin. Die Pumas se wedstryd vanmiddag by Mbombela-stadion skop om…
29 Mar 13 min

Marloth Park oorbevolk van diere

Daar is te veel diere in Marloth Park, maar hopelik vind hulle eersdaags 'n oplossing om hulle uit te dun wat nie die uitskiet van diere in hierdie residensiële area behels nie. Cindy Benson van die belastingbetalersvereniging sê hulle baklei al agt jaar lank met die plaaslike owerheid, Nkomazi-munisipaliteit.
28 Mar 16 min

Paartjie oorleef luiperd-aanval

’n Kampeerdery in die Kgalagadi-oorgrenspark het vroeër vandeesmaand ’n angswekkende beproewing vir die Kaapse egpaar, Gavin and Jill Allderman, geword toe ’n uitgehongerde luiperd hulle in die nag aangeval het. Dit is 'n storie wat jou hare laat rys.
27 Mar 15 min

Top kunstenaars die naweek in Marloth Park te sien

Die werke van top kunstenaars van regoor die land word hierdie naweek ten toon gestel tydens 'n spesiale kunsuitstalling in Marloth Park. Gavin Choni, van die kunshandelaars The Gavin Project, vertel meer.
27 Mar 8 min
12 – 32