Hennie's het oopgemaak in Nellies met Marius Nel agter die stuur. Neels is dankbaar, en Andri hoor mense staan behoorlik tou om dié atmosferiese plek te ervaar.
Marilize van Veen, 'n bekfluitjiespeler, het onlangs Suid-Afrika verteenwoordig by die South African Championship of Performing Arts in die VSA en het met sewe silwer- en twee bronsmedaljes huis toe gekom.
Denise Smith sê kliënte verras haar elke dag met hul keuses van watter egte katoen babaklere hulle by haar koop. Sy vertel hoe Cotton Lily ontwikkel het tot spesialiseer in babaklere en watter rol haar eie dogters speel in die ontwerpproses.
Die Ride for a Child-motorfietsryers kon tydens die onlangse vyfde aflewering hiervan daarin slaag om 'n wêreldrekord op te stel met 2 616 motorfietse wat in tandem gery het ten bate van liefdadigheid.
René Rudder het eers uit haar werk as verkoopsverteenwoordiger bedank, en toe naaldwerklesse gekry om All Wrapped Up in 2022 te begin. Sy vertel van hierdie geloofsprong.
Daar mag uitdagings wees in SA wat veral toerisme-operateurs hoofbrekens gee, maar daar is ook legio geleenthede. Besoekersvlakke is ook besig om te herstel na vlakke voor die pandemie. Tijan Oberholzer, direkteur van Touch Down, sê plaaslike toerisme-operateurs moet fokus op die plaaslike mark, en buitelandse besoekers beskou as die…
Die vereniging van mense met gestremdhede (APD) in Mpumalanga het 'n interessante program van stapel gestuur waarvolgens lede kunsvlyt leer doen. Thulakahle. Khumalo gesels met Sonop Ontbyt.
Ilse Combrink is nie net die maatskaplike werker by Laerskool Laeveld nie, smiddae het sy 'n private praktyk waar sy spesialiseer in forensiese ondersoeke.
Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die onduidelikheid rakende wie die grond besit waarop die Agentskap vir Ekonomiese Groei in Mpumalanga (MEGA) die Varsproduktemark bou. Bosman Grobler sê die entiteit se derde kwartaallikse verslag laat dit voorkom asof hulle beplan om dit oor te dra aan ‘n…
Dinsdag 19 Maart hou Laerskool Laeveld weer hul jaarlikse, gewilde pretloop om die kwartaal mee af te sluit. Cornelia Janse van Rensburg en Anzel Beattie gesels met Skedaddle.
Cindy Hart-Dorfling het in toerisme gewerk voor die grendeltydperk haar genoop het om die "Kaftan Lady" te word. Sy vertel meer oor Earthly Collection.
SA Rugby Legends: Die oud-Springbok Mark Andrews gesels met Sonop Ontbyt.
12 Mar
9 min
24 – 44
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.