Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
09
MAR
10am

DIGTERSPARADYS

Met: Frieda van den Heever as gasvrou

Aangebied deur Protea Boekhuis, Naledi en NB-Uitgewers

RSG se Frieda van den Heever speel vanjaar gasvrou wanneer bekende en debuutdigters hulle werk kom voorlees. Op die spyskaart is Willie van der Merwe uit Nederland met Doodmenslik, Alfred Schaffer met sy bekroonde Mens,
dier, ding, Corlia Fourie (Die goeie vrou en ander mites), Marlise Joubert (Grondwater), Johannes van Eeden uit Switserland met sy debuut, Die val, Gabeba Baderoon met The History of
Intimacy, en Koos Kombuis (Vandag wil ek my blou skoene dra).
09
MAR
7am

HOT NOOT*

Gelei deur Heindrich Wyngaard

’n Gesprek oor bruin/swart skrywers en denkers soos Hein Gerwel en Jeremy Vearey se belewenis van en bemoeienis met die Afrikaanse leef- en denkwêreld: Gelykes? Maar net saamgekom? Of jollie meelopers? (*Erkenning aan wyle prof. Jakes Gerwel vir hierdie nuutskepping
– en op wie se doktorale proefskrif van 1979 hierdie gespreksonderwerp losweg geskoei is.)
09
MAR
5am

STOF EN DR*LLE

Alettie van den Heever, in gesprek met Jean Meiring

Aangebied deur Queillerie Stof, Alettie van den Heever se
hoogaangeskrewe debuutroman, is toekomsfiksie vir vandag met ’n aards- poëtiese ontginning van ’n beeldskone anderster Afrikaans. Twintig jaar ná die Hardskip word dié wat oor is in die Wes- Kaap, gelooi deur die groot honger ná die oesmislukkings, deur die stof en die gluur van die son. Jong Amper moet gaan soek na haar verlore liefde, én die plantsaad, wat so swaar op haar skouers rus, veilig hou van Meconium – want in 2081 wil húlle alle saad beheer. Sy gesels met top-boekresensent Jean Meiring.
09
MAR
5am

FRANK RAUTENBACH: THE VAGABOND

Met: Karien Basson

Aangebied deur Lux Verbi

Frank Rautenbach is ’n bekende akteur wat Suid-Afrika vir Hollywood verruil het. Maar Frank kon nie dit maak oorsee nie, en word op die ou end sy kerk se opsigter. Hy was kwaad, skaam en het gevoel God laat hom in die steek. Maar hy moes leer dat God nie in ons diens is nie en dat die lewe oor Hom gaan, nie oor ons eie sukses nie.
09
MAR
2am

GAAN DIE NG KERK ONDER?

Jean Oosthuizen, in gesprek met Johannes de Villiers

Aangebied deur Penguin Random House

Jean Oosthuizen kyk krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as “die Nasionale Party in gebed” bekend gestaan
het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigs dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot ’n einde kom, blyk vandag in die kol te wees. Jean se reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van sowel gelowiges as ongelowiges. Hy bespreek dit met Johannes de Villiers.
08
MAR
11am

MARTIE MET JOANNA TROLLOPE

Martie Meiring ontmoet vir Joanna Trollope

Sy word as die doyenne van die liefdesroman beskou, is ’n blitsverkoper van wêreldfaam, het al heelparty mans gehad – die laaste kêrel heelwat jonger as haar eie nou 70+-jare, en kan skrywers wat heeltyd op Twitter is nie verduur
nie. As ontvanger van die Order of the British Empire het Joanna Trollope die aksent en pêrels-en-tweestukvoorkoms van die upper class, maar sy het nog nooit geglo aan stilsit met ’n sjerrie nie. Sy is versot op skryf, veral op skryf oor vroue en dan die moderne vrou. Waar is die roman waar die hoofkarakter weier om die perfekte supervrou te wees en haar loopbaan bo kinders en kombuis kies, wil sy onder meer by Martie Meiring en Marlene Breytenbach weet.
08
MAR
10am

20/20 - MET 'N KELKIE!

Met: Bibi Slippers, Loftus Marais, Ronelda S Kamfer, Pieter Odendaal, Ashwin Arendse, Chrystal Williams, Johann de Lange, en ander, onder leiding van Kabous Meiring

20 digters, 20 skilderye, 20 gedigte.
08
MAR
8am

DIE TRONKGESPREKKE

Willie Esterhuyse en Gerhard van Niekerk, in gesprek met Martie Meiring

Aangebied deur Tafelberg

Dié boek onthul hoe PW Botha reeds in 1984, te midde van die Totale Aanslag, opdrag gegee het dat sy minister van justisie, Kobie Coetsee, gesprekke met Nelson Mandela in die tronk voer. Tussen Coetsee en Mandela begin wedersydse respek ontwikkel en mettertyd
bestuur die gevangene selfs sy eie vrylatingsproses – alles hoogs geheim. Willie Esterhuyse, self ten nouste betrokke by geheime onderhandelinge tussen die ANC en NP-regering, vertel saam met sy medeskrywer, Gerhard van Niekerk, die verhaal van Coetsee en Mandela, waarsonder die 1994-oorgang nie moontlik sou gewees het nie. Martie Meiring lei die gesprek.
08
MAR
8am

DOODMENSLIK

Willie van der Merwe, in gesprek met René Bohnen

Aangebied deur Protea Boekhuis

Die onverwagse dood van sy vrou was vir die oud-Stellenbosser en filosoof Willie van der Merwe ’n dryfkrag om sy debuutbundel te voltooi. Doodmenslik handel oor religieuse ontnugtering, geklee in vele vorme. Die titel verwys enersyds na die eenvoudige kwaliteite van die alledaagse mens, en andersyds die fisiese en geestelike dood wat as goue draad deur die gedigte loop. Dis ’n donker bundel vol swart humor, maar met van die mooiste liefdesgedigte nóg in Afrikaans. Die bekroonde digter René Bohnen lei die gesprek.
08
MAR
8am

DAGGABOER EN PAMINA

Annie Klopper en Jean-Pierre de Kock, in gesprek met Rachelle Greeff

Aangebied deur Kwela Boeke en Human & Rousseau

Skryfskoolaanbieder en self ’n bekende skrywer, Rachelle Greeff, gesels met twee jong skrywers oor hulle pad na publikasie. Jean-Pierre de Kock se
ontroerende Die daggaboer is die relaas van ’n jong man wat verkies om eerder in ’n karavaan te lewe as die waarheid te konfronteer: dat hy opgegee het op sy loopbaan, sy meisie en sy pa in die Alzheimer’s-kliniek. Annie Klopper se Die tragiese saak van Pamina Vermaak is op sy beurt ’n eietydse romantiese komedie met ’n musikale twist, waarin Pamina Vermaak druipstert na haar ouerhuis terugkeer – net om daar in die rocker
Wolf de Jager vas te loop.

77 episodes

« Back 1—12 More »