Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
12
AUG

Skrumtyd op RSG

Die Springbokke is terug op Suid-Afrikaanse bodem nadat hulle die Rugbykampioenskap in Argentinië beklink het. Die span speel Saterdag in hulle laaste opwarmingswedstryd vir die Wêreldbekertoernooi teen die Argentynse Poemas, hierdie keer op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sal die kaptein vir die wedstryd later die week saam met die res van die span aanwys. Die groep wat in Japan om die Webb Ellis-trofee sal meeding word op 26 Augustus bekendgemaak. Jody Hendricks en sy paneel het die span se vertoning teen Argentinië ontleed.
05
AUG

Skrumtyd op RSG

Jody Hendricks bespreek die naweek se Curriebekerwedstryde, en kyk na die Bokke se toets komende Saterdag teen die Argentynse Poemas.
29
JUL

Skrumtyd op RSG

Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Bokke se gelykopuitslag teen die All Blacks. En Herschel Jantjites se pa praat oor sy seun se prestasies.
22
JUL

Skrumtyd op RSG

Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Springbokke se sege oor die Kiwis en kyk na die toets wat die komende naweek teen die All Blacks in Wellington voorlê.
15
JUL

Skrumtyd op RSG

Jody Hendricks kyk terug na die eerste ronde van die Curriebeker wat die naweek plaasgevind het, en bespreek moontlike spankeuses vir die Bokke se eerste wedstryd teen Australie. Embrose Papier van die Bulle is Jody se gas.
08
JUL

Skrumtyd op RSG

Jody Hendricks kyk terug na die Onder-18 Cravenweek wat die afgelope naweek in Bloemfontein tot 'n einde gekom het. Hy loer in by die die Bok-oefenkamp, en doen 'n voorskou van die 2019 Curriebeker wat die naweek begin.
01
JUL

Skrumtyd op RSG

Die rugbylegende Mannetjies Roux is die gas, Roux het in April 80 jaar oud geword en het van sy loopbaanhoogtepunte met die luisteraars gedeel.
24
JUN

Skrumtyd op RSG

Die Springbokke het die 1995 Rugby-Wêreldbekertoernooi 24 jaar gelede gewen. Ons herleef die dag met lede van die span asook ander rolspelers.
17
JUN

Skrumtyd op RSG

Die Jong Bokkies het vasgeval teen die verdedigende kampioene in die halfeindwedstryd van die onder- 20 Wêreldbekertoernooi in Rosario in Argentinië. Suid-Afrika het met 7-- 20 teen Frankryk verloor, ná die rustydtelling 14--7 in die Franse se guns was. Jody Hendricks en sy paneel het die wedstryd voor die afskop bespreek
10
JUN

Skrumtyd op RSG

SA Rugby het 'n omvattende hersiening van sy kontrakteringstelsel vir professionele spelers aangekondig. Die nuwe stelsel en die naweek se SuperRugbywedstryde word bespreek.
03
JUN

Skrumtyd op RSG

Jody Hendricks kyk terug op die Wêreld Sewesreeks wat die naweek in Parys in Frankryk tot 'n einde gekom het. Sy gaste was die Blitsbok Chris Dry en die rugbyjoernalis Lyndon Julius.
27
MAY

Skrumtyd op RSG

Meer as 350 beroepsrugbyspelers van Suid-Afrika speel tans in die buiteland. Jody Hendricks bespreek die redes waarom spelers kies om oorsee te gaan speel.

20 episodes

« Back 1—12 More »