GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
12 – 32

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Psalm 37:5

Chantelle Theunissen het ‘n ruk gelede ‘n epos aan ons gestuur en gevra vir hulp om uit die gat te kom. Haar man is die enigste broodwinner, met ‘n salaris van R5 800 per maand. Net hulle huur is R3 500 per maand. Chantelle het haar werk verloor tydens die…
31 Aug 2022 7 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – HO is huis toe!

Janie Denyssen het vir ons ‘n epos gestuur om haar vriendin en kollega, Marietjie van Wyk, met agterstallige skuld te help. Sy het haar oorlede broer se seun, HO, aangeneem en is hy vir die afgelope 10 jaar in haar en die Oord PV3 se sorg. By die Oord, saam…
23 Aug 2022 8 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Sagmoedige Ann

Ons het ‘n epos ontvang wat lees: “Ek het net weereens die naweek besef hoe bevoorreg ons is. My seuntjie se maatjie, Llewelyn, het die naweek by hom kom speel. Dit was die maatjie se eerste keer wat hy genooi was om by iemand te kom speel en die seuntjie…
15 Aug 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Waar weeskinders net kan wees!

Na afloop van Vrouedag en -maand-vierings het die vrywillige veldwagters by Dinokeng besluit om dié rondte ‘n groep skoolverlater-dogters van die Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise met ‘n naweek-wegbreek te bederf. Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise het tans 167 dogters in totaal wat in hul sorg geplaas is deur die…
10 Aug 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Bak jouself uit die moeilikheid uit

Arend Moll en die liefde van sy lewe, Sonja, het die harte van die Oosters gewen met hulle koeksister-advertensies op die Facebook-gemeenskapgroep, “Ek is van die Ooste”. Arend was vir ’n ruk werkloos en hulle het toe begin koeksisters bak. Elke keer wanneer hulle ’n behoefte aan iets het, het…
2 Aug 2022 8 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – As die ‘groener gras’ verdor

Mario Britz het vir 26-jaar by ‘n firma in Port Elizabeth gewerk. Die firma het toegemaak, en kon nie eers die werknemers se pensioenfondse uitbetaal nie. Na 2-jaar se soeke na werk, het Mario in Pretoria werk gekry. Hy, sy pragtige vrou Landi en 4-jarige seun, Zion, het alles gepak…
27 Jul 2022 8 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Van oorleef tot oorwin!

Hesta en Waldo Swanepoel het ‘n storie en ‘n half om te deel. Die afgelope 19 jaar was nie maklik nie, en smag hulle na ‘n ‘Sjoe!’ en sorgvrye volgende 19! Tans bly hulle staande soos hulle kinderlik afhanklik van die Here is, styf vashou aan Sy soom, ondanks baie…
19 Jul 2022 11 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Onblusbaar!

Hierdie was sonder twyfel een van die mees uitsonderlike kuiers met die onvergeetlike, alom inspirerende Annetjie de Kock! Sy het haar nek gebreek op 7 en ‘n half maande tydens ‘n ongeluk by die dagsorg. Van die dag af is sy verlam. Sy het deur die jare verskeie operasies aan…
12 Jul 2022 11 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Lucy’s Den

‘n Rukkie gelede het GROOTfm 90.5 twee versoeke uit verskillende oorde ontvang wat vra of ons nie kon help met die verligting van omstandighede by Lucy’s Den nie. Van Marco Viljoen, en van Adelei Geldenhuys, ‘n verpleegster by Zuid-Afrikaanse Hospitaal. Lucy Hammond het Lucy’s Den / Plek van Geloof begin…
5 Jul 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Geen stut kan haar stuit!

Daar is seker ‘n rede hoekom Dané Steyn met rooi hare gebore is…want aan hierdie vlam en VUUR is daar geen keer nie! Dane Steyn is slegs ‘n paar weke na haar 13de verjaarsdag gediagnoseer met Adolescent Idiopathic Scoliosis (ICD10 Code: M41.20). Haar ‘kurwe’ van haar T8 tot haar L3-werwel…
29 Jun 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die 'den' in Dinokeng

Die definisie van ‘n ‘den’ is onder andere ‘n plek van veiligheid, ‘n skuiling…en dit is presies wat Dinokeng se ‘den’ – vir gebruik deur die vrywillige veldwagters – vir 12 leerders van Skoliwe, geleë in die informele nedersetting, Plastic View, die afgelope naweek was. ‘n Plek van veiligheid, waar…
21 Jun 2022 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Maryna, ‘n mamma wat WIL

Maryna Botha het GROOTfm 90.5 reeds in 2021 genader met ‘n dringende versoek. ‘….As ‘n mamma wil ek vandag kom vra…ek weet dit gaan moeilik oral, maar ons het so gehoop dat die jaar anders sou wees. Ons kar het gebreek en ek het my werk verloor. Daar is net…
14 Jun 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Na die soveelste ‘nee’…

Francina van Zyl is nog ‘n moedelose mamma nadat haar man sy werk verloor het, en sy ‘n klein salaris verdien. Haar man in intussen deur iemand aangestel op ‘n probasietydperk. Hulle het vier dogtertjies – vanaf ouderdomme 3 tot 11. Francina sê hulle het op die oomblik geen geld…
7 Jun 2022 8 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Roney Stephens

Cindy en Rodney Stephens het ‘n versoek aan ons gerig rakende hulle 2-jarige dogtertjie, Roney, se klompvoetjies. Sy was al vir behandeling by staatshospitale, maar ondervind die ervaring elke keer as geweldig traumaties. Cindy sê die volgende oor Roney: “Ons pragtige kindjie is van die Here af vir ons gestuur…
30 May 2022 2 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Op pad…

Rudie Nel, sy verloofde, vier pragtige kinders en skoonouers woon tans in Wolmer, Pretoria Noord. Rudi het lank werk gesoek en uiteindelik was daar ‘n maatskappy in Brits wat hom ‘n kans gegee het. Rudi is so dankbaar vir hierdie geleentheid, dat hy tans elke oggend 03:00 opstaan, om 40…
24 May 2022 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Genade vir Grace

Louna Vermeulen het vir ons ‘n epos gestuur waarin sy sê: “Die Here lê dit al lank op my hart om vir jou ‘n e-pos te stuur en hulp te vra. Ek gaan my storie so kort moontlik hou. My broer se verloofde is ‘n invalide. Altwee haar bene is…
17 May 2022 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Malome’s Movement

Tebogo Maredi is 'n 32-jarige man wat sy werk as operasionele bestuurder verloor het as gevolg van afleggings en toe besluit het om ‘n verskil in die gemeenskap van Soshanguve te maak. Hy het begin om kinders op te voed oor hoe om diere te behandel – met liefde, respek…
10 May 2022 12 min
12 – 32