Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
1 – 20

Arsenal lê bo op punteleer

Arsenal is nou heel boaan die Prermierliga-punteler - drie punte voor sy naaste teenstander. Hulle het met 5-0 teen Chelsea in die Emirates-geseëvier. Leandro Trossard het die tuisspan se eerste doel in die eerste helfte aangeteken. Kai Havertz en Ben White het nog twee doele elk in die tweede helfte…
24 Apr 2AM 1 min

Verskeie stemlokale in Gauteng is hoë-risiko

Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê alles is gereed om te verseker dat die verkiesing in 'n veilige omgewing gehou word. Daar is 2 797 stemlokale in 529 wyke in Gauteng. Hiervan hou 168 'n hoë risiko en 377 'n medium risiko in. Mthombeni sê intelligensiestrukture binne die polisie is…
24 Apr 2AM 1 min

ANC wil aandeelhouding vir swart landsburgers hê

President Cyril Ramaphosa sê die regering volg beleide wat swart Suid-Afrikaners tot deelname aan die ekonomie sal lei. Hy het die Worker Share Ownership Conference toegespreek wat deur die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging by die Sandton-konvensiesentrum aangebied is. Hy glo werkers-aandeel-eienaarskap sal van kritieke belang wees om te…
24 Apr 1AM 1 min

VN aanvaar verslag oor UNRWA

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die aanbevelings aanvaar wat vervat is in 'n Onafhanklike Hersieningsgroep se verslag oor die bedrywighede van die Verenigde Nasies se hulp- en werksagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Nabye Ooste. Die ondersoek, onder voorsitterskap van die voormalige Franse minister van Buitelandse…
24 Apr 1AM 1 min

Hartlief: Fabriek is nog oop

Die perseel van Hartlief Shop and Bistro in Windhoek is op 7 April deur 'n brand verswelg. Die maatskappy het op sy sosiale media aangedui dat dit tot verdere kennisgewing gesluit sal wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Roux-che Locke, die Ohlthaver & List Groep se woordvoerder, vir 'n…
24 Apr 1AM 1 min

Mei-brandstofprys Donderdag bepaal, styging in die vooruitsig

Volgens die energie-ministerie sal die komitee wat brandstofpryse bepaal eerskomende Donderdag vergader en die nuwe brandstofpryse tree volgende Woensdag in Mei in werking. Die AA in Suid-Afrika het reeds gewaarsku dat nog 'n petrolprysverhoging in Mei daar verwag kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by…
24 Apr 12AM 1 min

Spoorlyn na Botswana deur TransNamib verwelkom

Die Trans-Kalahari spoorlyn, wat vanaf Botswana oor die Namibiese grens tot Walvisbaai sal strek, sal na verwagting handel en toerisme in beide lande bevorder en sal na verwagting teen 2026 klaar wees. Goedere wat vervoer gaan word, sal hoofsaaklik insluit steenkool en koper vanaf Botswana na Walvisbaai vir uitvoer, asook…
24 Apr 12AM 1 min

Equal Rights reageer op druk op Mbumba oor Jerry-wet

’n Komitee wat teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike is, het president Nangolo Mbumba versoek om verlede jaar se huwelikswysigingswetsontwerp en gade-wetsontwerpe te teken. Hy moet ook sy standpunt oor die LGBTQ+-gemeenskap in die openbaar verklaar. Die komitee, onder leiding van voorsitter Pendapala Nakathingo en sy adjunk Paulus Nuuyona, het verlede week…
24 Apr 12AM 1 min

Beskerming van fluitjieblasers duur, bekragtig maar nog nie geïmplementeer nie

Namibië se Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers is spesifiek ontwikkel om 'n kantoor in daardie verband te vestig. Die wet kriminaliseer ook vergelding teen die wat korrupsie blootlê en lê 'n boete van 75 000 Namibiese dollar of tronkstraf van hoogstens 15 jaar, of albei, op vir enigiemand wat…
23 Apr 11PM 1 min

Kimberley-polisiestasie aangeval deur Nigeriërs na makker gearresteer is

Die Suid-Afrikaanse polisie- en gevangenisse-vakbond Popcru het 'n aanval op die Kimberley-polisiestasie deur agt Nigeriese burgers ten sterkste veroordeel. Die aanval het plaasgevind tydens 'n polisie-operasie waarin 'n Nigeriese burger geteiken is wat van dwelmbesit verdink word. Dit het skade aan voertuie en stasievensters tot gevolg gehad. Die agt beskuldigdes…
23 Apr 11PM 1 min

Desentralisasie-beleid bemagtig gemeenskappe: Uutoni

Die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie bied tans die jaarlikse desentralisasie-konsultatiewe forum in die hoofstad aan. Dit is om belanghebbendes te betrek oor vordering met die implementering van Namibië se desentralisasiebeleid. Die regering het in Maart 1998 die beleid bekendgestel. Dit het ten doel om "deelnemende demokrasie te verbeter en te…
23 Apr 12PM 1 min

Arsenal vasberade om in Premierskap-titelstryd te bly

Sokker: Die stryd tussen drie spanne in die Engelse Premierliga woed voort. Arsenal is volgens doelverskil voor Liverpool, met Manchester City een punt agter hulle. Maar die verdedigende kampioene City het nog 'n wedstryd oor. Arsenal is volgende aan die beurt wanneer hulle vanaand hulle Londen-teenstanders Chelsea verwelkom. Die bestuurder…
23 Apr 12PM 1 min

Eiendomsmark vir jongmense verbeter

Onlangse ontwikkelings in die eiendomsmark het 'n verbetering in aanbiedinge vir jong professionele persone getoon. Ontwikkelings soos Ongosvallei is 'n goeie plek om te begin vir jong professionele persone. Om die eiendomsmark verder te onderhou, het die Namibiese regering ook beleide geïmplementeer om dit vir mense makliker te maak om…
23 Apr 11AM 1 min

AfriForum kry energiereguleerder voor stok

AfriForum het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika gevra om te verduidelik of hy steeds munisipaliteite verplig om kostestudies in te dien wanneer hulle aansoek doen vir tariefverhogings. Verbruikers wat elektrisiteit by munisipaliteite koop kan dalk vanjaar ʼn verhoging vryspring omdat Nersa nie ʼn Hooggeregshof-bevel toegepas het wat na verwagting tot…
23 Apr 11AM 1 min

Skryf nou in vir die Bergfiets vs Resiesduif wedren!

Registrasies is oop vir die opwindende Bergfiets vs Resiesduif wedren-stryd by die Intelligence Support Against Poaching kamp in Okahandja, wat van 14 tot 16 Junie plaasvind. Registrasie is 2 000 Namibiese dollar vir 'n span en 350 dollar vir besoekers. Die duiwe sal vanaf die ISAP-fasiliteit tot by Rehoboth vlieg,…
23 Apr 10AM 1 min

#BeFree Youth bevorder gesonde bande tussen mans

Die #BeFree Youth onder die kantoor van die vorige presidentsvrou, Monica Geingos, bied 'n geleentheid aan om bewustheid oor gesonde manlike bande te kweek, deur middel van paneelbesprekings. Deur hierdie aktiwiteite poog hulle om dialoog en samewerking tussen deelnemers aan te moedig. Hierdie dialoog poog om mans te bemagtig om…
23 Apr 10AM 1 min

Venaani skiet nuwe hervestigingsbeleid af

Die Kabinet het 'n hersiene nasionale hervestigingsbeleid goedgekeur wat van 2023 tot 2033 geldig is. Die nuwe beleid het drie verskillende hervestigingsmodelle, naamlik die hoë-waarde, medium-waarde en lae-waarde ekonomiese modelle. Dit sluit ook 'n vrye besit-bepaling in, waarvolgens begunstigdes hul toegekende plase van die regering kan koop. Die beleid word…
23 Apr 10AM 1 min

Trustco brei beleggingsvoetspoor uit

Trustco Group Holdings het aangekondig hy het 'n bykomende belang van 11,35 persent in Legal Shield Holdings van Riskowitz Value Fund verkry, vir 468 miljoen Namibiese dollar. Dit sal Trustco se belang in Legal Shield tot 91,35 persent verhoog. Die transaksie versterk Trustco se beleggingsvoetspoor in die plaaslike versekerings- en…
23 Apr 10AM 1 min

NDTC had moeilike jaar: Brent Eiseb

Die uitvoerende hoof van die Namibia Diamond Trading Company, Brent Eiseb, het die 2023-boekjaar beskryf as uitdagend en moeilik. Van die faktore wat bygedra het tot die wisselvallige mark, volgens Eiseb, was swak verbruikersvraag, veral van die Chinese mark. Ten spyte van markuitdagings het die firma 'n sterk verkoopsprestasie in…
23 Apr 10AM 1 min

'On The Money' bring waarde vir werkers, organisasies

Old Mutual gaan deur sy "On The Money"-program voort om omvattende en gratis finansiële onderrig aan werkgewersgroepe regoor die land te bied. Hierdie inisiatief rus nie net Namibiërs toe met die nodige kennis en vaardighede om hul finansies doeltreffend te bestuur nie, maar bied ook toegevoegde waarde aan beide werknemers…
23 Apr 9AM 1 min
1 – 20