Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
12 – 32

Kleinhandelverkope in SA daal steeds

'n Senior Ekonoom by FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê kleinhandelverkope in Suid-Afrika het op 'n jaargrondslag in Februarie met 0,8-persent gedaal. Alhoewel die uitslag ontmoedigend is, was dit steeds beter as die Reuters-konsensus van 'n daling van 1,6-persent. Mkhwanazi sê op 'n maand-tot-maand-grondslag, het verkoopsvolumes met 0,4-persent herstel, wat nie veel…
18 Apr 12PM 1 min

Venaani het vrae vir Alweendo oor sy ministerie

Die leier van die PDM, McHenry Venaani, het in die Nasionale Vergadering kennis gegee dat hy op 25 April vrae sal stel aan myne en energie minister Tom Alweendo rakende korrupsie, binnehandel en persoonlike viktimisasie in die ministerie. Volgens Venaani het die ministerie goud-eksplorasielisensies onregmatig aan Osino Resources oorgedra. Hy…
18 Apr 11AM 1 min

Ondersoek 70% salarisverhoging van parlement-sekretaris: DA

Die DA het 'n mosie ingedien vir 'n ad hoc gesamentlike komitee om die verhoogde salaris van die sekretaris van die parlement, Xolile George, te ondersoek. Dit volg op onthullings van 'n 70-persent verhoging, na bewering goedgekeur deur die speaker van die Nasionale Vergadering en die voorsitter van die Nasionale…
18 Apr 11AM 1 min

Cross-country reeks hierdie naweek in Kleine Kuppe

Die Namibiese Fietsryfederasie bied hierdie naweek saam met die Rock and Rut Bergfietsklub die klub cross-country reeks wedrenne en die UCI-cross-country junior reeks wedren aan. Dit sal Saterdagoggend om 9-uur by die IJG-roetes in Kleine Kuppe, Windhoek plaasvind. Die reeks, wat al meer as 20 jaar plaasvind, sal na verwagting…
18 Apr 10AM 1 min

NUS soek maandelikse nie-onderrigbetalings by NSFAF

Die Studente-unie van Namibië, NUS, wil hê dat alle studente teen die einde van hierdie maand maandelikse nie-onderrigbetalings van die Namibiese studente finansiële hulpfonds, NSFAF, ontvang. Die unie se president, Benhard Kavau, sê as die hulpfonds nie aan hul pleidooi gehoor gee nie, sal hulle 'n betoging hou. Dit kom…
18 Apr 10AM 1 min

Brandstofpryse styg straks weer in Mei

Die Automobiel-assosiasie in Suid-Afrika het gewaarsku oor nog 'n petrolprysverhoging in Mei. Die AA sê huidige ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds het aangedui dat die petrolprys weer met sowat 37 sent per liter sou styg, wat die prys tot R25 Suid-Afrikaanse rand en 15 sent sal opstoot. Kosmos 94.1…
18 Apr 10AM 1 min

Hoekom lok groenskemas nie beleggers?

Die privaatsektor in Namibië het nie reageer om geleenthede met veral groenskemas aan te gryp nie. Die projekte is egter deurslaggewend vir voedselsekerheid en ook werksverskaffing, en word voorgehou as gulde beleggingsgeleenthede. Landbouminister Calle Schlettwein sê hy is teleurgesteld hieroor. Uit 11 groenskemas is net twee langtermynhuurkontrakte toegeken - die…
18 Apr 10AM 1 min

Botha, Murove kry borg, landdros spreek polisiewerk aan

Coenie Botha van CBI Exchange is borgtog van 50 000 Namibiese dollar in die Windhoekse landdroshof toegestaan en sy vrou, Charlotte Murove, borgtog van 30 000 dollar. Hulle het volgens die staat die bankinstellingswet oortree. Hulle word van bedrog van 160 miljoen Namibiese dollar verdink. Die twee is op 11…
18 Apr 10AM 1 min

Visums met aankoms nou ook by Walvisbaai-hawe

Die immigrasie ministerie het visums met aankoms by die Walvisbaai-hawe met onmiddellike effek ingestel. Die ministerie sê as 'n deurslaggewende toegangspunt vir maritieme handel en toerisme, speel die hawe 'n reuse rol in die dryf van ekonomiese welvaart. Reisigers kan ook by aankoms by Hosea Kutako Internasionale Lughawe, Walvisbaai-lughawe en…
18 Apr 9AM 1 min

Ferrari sal in China nader wees aan Red Bull: Leclerc

Motorsport: Charles Leclerc sê Ferrari sal by die naweek se Chinese Grand Prix nader aan Red Bull wees, maar hy verwag nogtans sy geveg sal wees vir mindere plekke op die podium. Formule Een is die eerste keer in vyf jaar terug in China met 'n volgepakte program, wat Saterdag…
18 Apr 9AM 1 min

Indië hou grootste, langste en duurste verkiesing ooit

Indië maak gereed vir die wêreld se grootste demokratiese verkiesing wat môre begin. Byna 970-miljoen kiesers sal aan die langste en duurste verkiesing in die geskiedenis deelneem. Die verkiesing sal oor sewe fases en ses weke strek, met uitslae wat op 4 Junie aangekondig word. Twee-duisend-500 politieke partye sal na…
18 Apr 8AM 1 min

Hou aanskaffing in olie- en gassektor dop!

Volgens Charity Mwiya, die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid, gaan die plaaslike ekonomie 'n hupstoot kry deur die ontluikende gas en olie sektor. Sy waarsku egter dat daar sorg getref moet word met die aanskaffing prossese vir al die sektor se benodighede. Mwiya het…
18 Apr 8AM 1 min

NAC gesels oor ICAO aanbevelings

Die Namibië Lughawensmaatskappy het net meer as 72 persent behaal in die voorlopige veiligheidsoudit-uitslae van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie, ICAO. Dit het verbeter maar, daar is verskeie aanbevelings gemaak vir lugvaart om beter nakoming te bereik. Dan Kamati, die Lughawensmaatskappy se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad…
18 Apr 7AM 1 min

Oorlog is op hande - Borrell

Die EU se hoof van buitelandse beleid Josep Borrell het sy kommer uitgespreek oor wat hy as ‘n volskaalse oorlog in die Midde-Ooste beskryf. Hy sê dit is onaanvaarbaar om met elke stappie te eskaleer.
18 Apr 7AM 1 min

Kostes van privaatskole - dit handel oor vraag en aanbod

Na beroepe in die Nasionale Vergadering dat die fooie van privaatskole gereguleer moet word, ook deur die adjunk-onderwysminister Natalia Goagoses, het die privaatsektor gereageer. Volgens Colette Riekert, uitvoerende direkteur van Curro Windhoek Gimnasium handel dit oor vraag, aanbod en die diens wat gelewer word. Ouers kan mos kies, meen sy.
18 Apr 7AM 1 min

Eksamens is eintlik om die draai

Skole gaan op 12 Junie sluit vir leerlinge en hulle sal ook hulle eind-semester eksamens skryf. Matrikulante en graad 11-leerlinge kan ook verwag om vroeg met voorbereidings vir hulle jaareindeksamen te begin. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van die onderwys ministerie, wat raad het…
18 Apr 6AM 1 min

Gryslys: Regering sal ernstiger stappe moet neem

Bipa pleit sedert verlede jaar dat maatskappye hulle voordelige eienaarskap-verklaringsvorms by die owerheid op te dateer en in te handig, soos wat hulle verplig is om te doen. Nog net 40 000 van Namibië se 218 000 geregistreerde besighede het hulle besigheidsvorms opdateer. Die verklarings is nodig om Namibië van…
18 Apr 6AM 1 min
12 – 32