Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Apple Podcasts

This channel is available on iTunes. Follow the above link to subscribe to it in your iTunes application or the Apple Podcast application.

Spotify

This channel is available on Spotify. Follow the link above to view episodes on Spotify.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
30
NOV
1am

Hommeltuie en die boer

Die plaaslike Ekoloog Peter Cunningham sê die tegnologie kan baie goed benut word teen stropery alhoewel boere dit nog nie aangegryp het nie.
30
NOV
1am

Hommeltuie en die boer

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, het die toenemende gebruik van hommeltuig-tegnologie in landboubedrywighede beklemtoon by die vlerkie-seremonie van hommeltuig-operateurs wat onlangs gekwalifiseer het en aan die provinsiale Landboudepartement verbonde is. Die departement het die groep wat uit studente, werknemers en amptenare bestaan, gehelp om die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid se afstandsbeheerlisensie te kry. Meyer sê diere- en gewasproduksie asook gewas- en grond-gesondheid sal by hulle opleiding baat.
30
NOV
1am

Krismis, jou lekker ding!

Dis amper vakansietyd en of die familie almal by jou uitsak op die plaas en of julle almal af sak see toe, die bekende en gewilde sjef Sanet Prinsloo sluit vanoggend by Kosmos 94.1 Landbounuus aan oor raad oor om wat voor te sit op daai warm Kersdag en ook hoe om jou werkers te bederf oor die feestyd... o ja, daar’s mosterd reseppies ook, vir koue vleis.
30
NOV
12am

Brexit en ooreenkoms bied nuwe geleentheid

Met Brexit, het die Suider-Afrikaanse Doane Unie saam met Mosambiek ‘n ooreenkoms bereik wat gelykstaande is aan die ooreenkoms wat bestaan met die Europese Unie. Daar word beaam dat die ooreenkoms nog meer voordelig vir Namibiese landbou sal wees omdat veral die Britse mark op ‘n breër vlak ontgin kan word. Die Minister van Landbou, Calle Schlettwein sluit by ons aan .
27
NOV
12am

Positiewe ontmoeting met minister

Die Namibiese Minister van Veiligheid en Sekuriteit Frans Kapofi het met boere naby Omitara ontmoet om kwessies oor veediefstal en stropery te bespreek. Die vergadering is deur Marina Lamprecht van Rooikraal gereël kort nadat die Minister van Landbou Calle Schlettwein ook die boere daar toegespreek het. Lamprecht sluit vanoggend by Kosmos 94.1 Landbounuus aan om oor die vergadering te gesels.
27
NOV
12am

Jeug moet by landbou betrek word

Kenners is dit eens dat jeug betrek moet word by landbou. Die jeug oor die algemeen ag landbou as ‘n arm of laerklas loopbaan en verkies akademiese opleiding en kantoorwerk, veral in Namibië. Ons gas vanoggend is die Minister van Jeug, Agnes Tjongarero en Kosmos 94.1 Landbounuus gesels met haar oor hoe ons landbou ‘n aantreklike loopbaan keuse vir die jeug kan maak.
26
NOV
12am

Omitara het uitdagings met stropery, diefstal

Die vergadering wat tussen die Minister van Veiligheid en Sekuriteit Frans Kapofi en boere in die gebied van Omitara gehou was, was daarop gemik om die toenemende stropery en veediefstal wat daar voorkom te bespreek. Marina Lamprecht van plaas Rooikraal, waar die vergadering plaasgevind het, sê daar het uit die vorige bespreking met die Minister van Landbou Calle Schlettwein kwessies opgeduik wat die vergadering met Kapofi genoodsaak het. Sy het van die kwessies vir Kosmos 94.1 Landbounuus uitgelig.
26
NOV
12am

Grondbelasting: NLU gee standpunt

Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Namibiese Landbou Unie Roelie Venter gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die aankondiging dat kommersiële boere binnekort belasting opgawes vir die afgelope 5 jaar sal ontvang. Geen betalings is in die tydperk gedoen nie as gevolg van ‘n regsgeding in die Waardasiehof. Volgens die unie behoort boere van vroeg in 2021 die opgawes te ontvang. Daar is vroeër ooreengekom dat boere tyd gegun sal word om die betalings te maak maar, die unie sê geen bevestiging is tot op hede in die verband ontvang nie. Boere is op die huidige stadium om hewige finansiële druk en het groot uitdagings met kontantvloei na die knellende droogte.
26
NOV
12am

Omgewingsfonds en landbou vat hande

Die Namibiese Omgewing Beleggingsfonds het 2 miljoen Namibiese doller aan die Namibiese Ministerie van Landbou geskenk vir die bekamping van die sprinkaanplaag wat verskeie dele van die land teister. Die ministerie en die fonds sal in die nabye toekoms baie nou saamwerk. Lot Ndamanomhata, die fonds se Hoof van Kommunikasie sluit vanoggend by ons aan.
24
NOV
1am

Agra hou jaarvergadering

Agra se 10de Jaarvergadering vind Vrydag by die Agra/Bank Windhoek Ring by die Windhoek Skougronde plaas. Die vergadering begin om 8-uur Vrydag oggend. Piet Stoman Agra se Bestuurder van Korporatiewe Kommunikasie het meer...
24
NOV
1am

Jongste oor olifant slypskool

Daar is ‘n slypskool gehou om ‘n Nasionale Olifant Bestuursplan te skep. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het saam met belanghebbendes en nie-regeringsorganisasies die kwessies bespreek. Talle boere veral in die noordooste en noordweste van die land het groot uitdagings met olifante en daar is kenners wat meen die bevolking is te groot. Ons gesels met die President van die Namibiese Landbou Unie Piet Gouws, wat ook die slypskool bygewoon het.

677 episodes

« Back 13—24 More »