Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Apple Podcasts

This channel is available on iTunes. Follow the above link to subscribe to it in your iTunes application or the Apple Podcast application.

Spotify

This channel is available on Spotify. Follow the link above to view episodes on Spotify.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
29
MAY
2020

Bepalings van fase drie...

Daar is vrae oor die inperking maatreëls wat deur President Hage Geingob aangekondig is... verskeie bepalings het verander sedert die begin van Mei as gevolg van die voorkoms van die virus in veral Walvisbaai. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula is ons gas....
29
MAY
2020

LPM sal kyk na regverdige visvangregte

Die Grondlose Mense Beweging, beter bekend as die LPM gaan 'n mosie in die Namibiese parlement ter tafel lê om visvangregte van ministers en parlementslede te herroep. Sade Gawanas, die Grondlose Mense Beweging se Woordvoerder sluit by ons aan...
29
MAY
2020

Wat nou met die beurs? Verkoop, koop, hou, wag of wat?

Alles het wisselvallig geraak met die korona-pandemie en markte regoor die wêreld was vir ‘n lang tyd in die moeilikheid... wat om te maak met jou geld? Markte herstel nou maar wat gebeur later? Dawie Roodt, die Hoof Ekonoom van die Efficient Groep in Gauteng gee leiding vanoggend...
28
MAY
2020

Lekker navorsing oor Covid... en jy kan deelneem

Die Universiteit van Namibië se Departement van Hedendaagse Maatskaplike Kwessies loods ‘n kommunikasie peiling in verband met Covid-19... Dr Rosa Presendt, die leier van die navorsingsgroep sluit aan by Jean Louis en Yanna vanoggend om te gesels oor die kritiese analise van houdings en emosies van landsburgers in verband met hoe realiteite verander het en ook te kyk na hoe ons reageer teenoor nuwe gedrag waarby ons moet aanpas. Skakel in vir ‘n interessante gesprek en wie weet, dalk herken jy jouself en jou reaksie in ons bespreking....
Klik op die skakel om deel te neem....
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSdWWesoDiBmX70YbreqxdWtjvF814AlKYSuW
RY6uCl1D7oTqQ/viewform?vc=0&c=0&w=1
28
MAY
2020

Ander maniere om geld in te kry as net toerisme....

Steve Collins, die Hoof Uitvoerende Beampte van die African Safari Foundation in Suid-Afrika en ook die Adviseur vir Aanpasbaarheid by USAid, sê ‘n meer regverdige en ondersteunende rol moet in gemeenskapsbewaring gespeel word veral nou met inkomste wat gedaal het as gevolg van inperkings.... hy is ons gas.
28
MAY
2020

Louis is nou 'n Cheetah

Louis van der Westhuizen, wie twee keer uitgedraf het vir Namibië in die Rugby Wêreldbeker, het nou ‘n kontrak met die Vrystaatse Cheetahs onderteken... Louis gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus oor sy toekoms....
27
MAY
2020

Ontwikkeling moes lankal plaasgevind het

Die begrotingsrede word vandag gelewer en kenners is dit eens dat maatskaplike uitdagings aangespreek moet word. Sommige ekonome meen ook dat nog ‘n inkomste toelaag nodig is in die tyd van Covid-19. Die Namibiese Ombudsman Advokaat John Walters het vanoggend met Jean Louis en Yanna gesels oor die uitdagings op grondvlak en wat die beste manier is om die gemeenskap by te staan.
27
MAY
2020

'Verbruiker kry nie voordeel nie'

Vloerpryse vir witmielies en mahangu is deur die Namibiese Akkerbouraad afgebring in ‘n poging om die prys van stapelvoedsel in die tyd van Covid-19 te beheer en so laag as moontlik te hou... Maar volgens Ian Collard, die Uitvoerende Hoof van die NMI Groep is daar nie veel voordeel vir die verbruiker nie... Hy gesels vanoggend met ons oor die kwessie...
27
MAY
2020

Ons is nie dronkaards nie

Owerhede het talle male gesê dat Namibië is ‘n gemeenskap van dronkaards... en dat die inperking dit verlig het. Maar volgens Frederico Links van Fact Check Namibië, is Namibië nie ‘n land van dronkaards, soos deur die owerhede beweer word nie. Links is ons gas om oor sy navorsing te gesels...

592 episodes

« Back 1—12 More »