Die D-Woord

MARIANNA VAN DEVENTER  |  Podcast , ±30 min episodes every 6 days  |  Broadcast schedule  | 
Gesprekke oor die dood, rou en verlies. Daar sal 4 keer per maand op n Dinsdag n potgooi geplaas word op Iono.fm, waarin Marianna Van Deventer sal gesels oor hoe om mense te hanteer wat terminaal siek is. Oor die algemeen is mense bang om oor die dood te praat. Die doel van die potgooi, is om luisteraars gemaklik te maak om oor die dood te praat en om vir hulle leiding te gee oor, nie net hoe om die rouproses te hanteer die, maar ook wat om te verwag wanneer iemand die dood in die gesig staar. Hierdie gesprekke sal ook Elizabeth Kübler-Ross en David Kessler se 6 stappe van rou bespreek. Indien iemand vir Marianna wil kontak, kan hulle n e-pos stuur na diedwoord@gmail.com. Enige insette word verwelkom.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
26
OCT

Episode 11: Om Betekenis te vind in Rou

Die 5 stappe van rou, soos ge-identifiseer deur Elizabeth Kübler-Ross, word nie noodwendig deur almal ervaar tydens n rouproses nie. Elkeen rou anders en elke tipe verlies verander die rouproses. Sommige mense sal selfs sommige van die stappe glad nie ervaar nie en dit sal ook nie noodwendig in die volgorde van Ontkenning, Woede, Onderhandeling, Depressie en Aanvaarding voorkom nie.

*David Kessler het saam met Elizabeth Kübler-Ross navorsing gedoen en 2 boeke gepubliseer. Nadat sy seun op 21 selfdood gepleeg het, het hy n sesde stap ge-identifiseer, naamlik om betekenis te vind in die rouproses. Hierdie stap beskou hy as die belangrikste stap om genesing te vind na n geliefde se dood.

Daar is verskeie maniere waarop mense sin kan vind in die dood van n geliefde: skenkings aan navorsing vir n spesifieke siekte; fondsinsameling vir lyers aan n siekte; naamplaatjies op n gebou of bankie; n kruis waar die persoon dood is; tattoes; n boek, gedig of liedjie aan iemand opdra; baklei vir nuwe wetgewing; ens.

So skryf Totius in die gedig oor sy dogtertjie wat op sewe jaar deur weerlig dood geslaan is. (slegs verse 5 en 7)

O Die Pyn-Gedagte

Sy was so teer soos n vlindertjie
Sy't vlugtig omheen geswerf;
ń asempie wind kon haar verkies breek
en - kyk watter dood moes sterf.

O die pyn-gedagte: My kind is dood!....
dit brand soos ń pyl in my;
die mense die Sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.

*"Finding Meaning: The Sixth Stage of Grief" geskryf deur David Kessler saam met Elizabeth Kübler-Ross.
14
OCT

Episode 10: Die Rouproses

Die mees algemene vorm van rou is die dood van ń geliefde, maar dit kan ook ander vorms van verlies wees: verlies van ń ledemaat, werk, ń huis, egskeiding, ens. Elizabeth Kübler-Ross se rou-model is die mees algemene model waarop die rouproses geskoei word. Alhoewel sy 5 hanteringsmeganismes identifiseer, sal almal nie noodwendig deur al 5 prosesse gaan nie en volg die prosesse nie noodwendig opmekaar nie. Elke mens se rouproses verskil. Die tipe verlies sal ook die aard van die rouproses bepaal.

Die 5 stappe van rou wat deur Elizabeth Kübler-Ross geïdentifiseer word is:
Ontkenning: Kan nie glo dat die persoon dood is nie en verwag dat hulle nog steeds by die huis sal opdaag.
Woede: Kwaad vir die persoon wat dood is; kwaad vir God, omdat Hy dit toegelaat het; kwaad vir jouself, omdat jy nie meer gedoen het nie.
Onderhandeling: Sal enigiets doen om dinge weer reg te maak; sal enigiets vir God doen as Hy die persoon sal gesond maak of dinge weer normaal sal maak.
Depressie: Niks maak meer sin nie en niks is meer die moeite werd nie.
Aanvaarding: Die begin van genesing. Dit kan nog baie lank neem, voordat die bedroefde persoon weer normaal kan funksioneer.

Die verlies wat ń mens gely het, verlaat jou nooit nie. Dit bly vir altyd ń deel van jou lewe.

Vandag se boekie wat ek aanbeveel is CS Lewis se "A Grief Observed"
12
OCT

Episode 9: Die Informele Versorger

Wanneer die dokter van n terminale pasiënt sê, dat daar niks is wat hy meer vir die pasiënt kan doen nie, dan sê die palliatiewe dokter, daar is altyd nog iets wat ons kan doen. Dit is belangrik dat ń pasiënt met liefde, integriteit en respek behandel word, totdat hy sy laaste asem uitblaas.

Die rol van die informele versorger is nie om gesond te maak nie, maar om sy laaste dae gemaklik te maak en om sy lewenskwaliteit te maksimaliseer. Daar word holisties na die pasiënt gekyk. Aandag word gegee aan sy emosionele, spirituele, persoonlike, mediese en fisieke behoeftes en daar word ook met die familie saam gewerk.

Die informele versorger moet ook seker maak, dat daar na haar/sy behoeftes gekyk word, sodat sy/hy in staat is om die pasiënt te versorg. Versorgers is net mense en gaan deur dieselfde rouproses as die pasiënt. Die belangrikste eienskappe van ń versorger is om te luister na die pasiënt se behoeftes en om teenwoordig ('present') te wees.

Vandag se boek is Elizabeth Kübler-Ross se "On Death and Dying".

Volgende keer gesels ons oor die rouproses. Kontak my by marianna.vandeventer@me.com of diedwoord@gmail.com
03
OCT

Episode 8: Johan Deel 2

Hierdie episode dek die laaste 8 maande van Johan se lewe. Dit gaan oor die die gryp na strooihalms, die liefde en vrede binne-in die huis van die terminale pasiënt en al die emosies wat met so ń afskeid gepaard gaan.

Volgende week sal die gesprek gaan oor die rouproses.

Die aanbevole boek is "On Death & Dying" deur Elizabeth Kübler-Ross.
26
SEP

Episode 7: Die Pasiënt Johan Deel 1

Johan het Sondagaand, 4 Mei 2008, skielik ń knop aan die regterkant van sy keel gevoel. Voor hierdie knop, was daar geen teken van kanker by hom nie. Hy het pas in Des 2007 afgetree op die jong ouderdom van 55, sodat ons nog kon rondreis en die lewe saam kon geniet.

Deel een van Johan se pad met Anaplastiese Schildklier Kanker (Anaplastic Thyroid Carcinoma, ATC), gaan oor twee jaar se operasies, skanderings, chemo-behandelings en bestralings, en dit gaan oor vreugde, dankbaarheid, hoop, en teleurstelling. Dit gaan ook oor die waardering van mense wat na hom toe uitreik in die tyd.

Volgende week se potgooi sal gaan oor aanvaarding en die proses van sy dood.

Vandag se boekie wat ek aanbeveel is gebasseer op die waarheid. Dit is die pad wat Mitch Albom stap met sy ou Professor wat besig is om te sterf. "Tuesdays with Morrie" deur Mitch Albom is aangrypend en vol wyshede.
20
SEP

Episode 6: Die Proses van die Dood

Die sterwingsproses begin by die oomblik wanneer ń persoon met ń terminale siekte gediagnoseer word, of wanneer hy/sy opgeneem word by ń versorgingseenheid vir verswaktes. Die skokproses dat die dood naby is, is die eerste stap in die sterwingsproses. Daarna volg die emosionele proses van ontkenning, woede, onderhandeling, depressie, en later aanvaarding.

Wanneer die persoon nader aan die dood beweeg, begin die liggaam agteruitgaan. Die slaapure word al meer en die persoon glip al meer en meer in die onbewuste in. Hoe nader aan die dood, hoe minder is die persoon wakker en bewus van wat om hom/haar aangaan. Die asemhaling raak onreëlmatig en gaan gepaard met roggelgeluide. Hulle sukkel om te eet en kan net vloeistof of sagte kosse inneem. Hulle raak deurmekaar, praat soms onverstaanbaar en maak handgebare. Hulle kry visoene, wil inpak vir ń reis en sien mense. Dit kom voor asof hulle weet hulle gaan weg en hulle sien die wêreld waarheen hulle gaan. Wanneer die laaste asem uitgeblaas word, is dit baie sag, sodat mense om hulle dit nie eers agterkom nie.

Vandag se boek is "With the End in Mind" deur Kathryn Mannix.
13
SEP

Episode 5: Vrees vir die Dood Deel 2

Vrees vir die dood kan ontstaan deur mense se vrees vir die hel. Ons is groot gemaak met die idee dat God gevrees moet word en dat ń mens hel toe sal gaan as jy sondig. Hierdie vrees bestaan nog steeds by baie mense. God is egter liefde en nie vrees nie. Waar daar liefde is, kan daar nie vrees wees nie. As daar liefde en vrede in jou hart is, sal jy nie bang wees vir die dood nie, dit maak nie saak wat jou geloof is nie.

ń Mens kan nie die dood vryspring nie. Dit is elke mens se lot, of eintlik, geskenk van God. Jy kan nie die noodlot, of dan die dood, beheer nie. As die appel typ, dan sal hy val.

Volgende week gesels ek oor Die Proses van die Dood.

Vandag se boekie wat ek aanbeveel, is "When Bad Things happen to Good People" deur Harold Kushner.
06
SEP

Episode 4: Vrees vir die Dood, Deel 1

Let Wel: Die episode is net 30 min en nie 55 min nie.
As gevolg van die ontwikkeling van die mediese wetenskap, het die mens begin dink dat hy/sy onsterflik is. Enige iets is nou moontlik en nuwe kure vir siektes waarvan mense vroeër jare dood gegaan het, word daagliks ontwikkel. Selfs vir Covid-19 is daar binnen ń paar maande verskeie vaksienes uitgevind wat die virus in toom hou. Mense wil nie meer oor die dood praat nie. Dit is ń onderwerp wat vermy en selfs gehaat word.

Omdat die moderne mens soveel vertroue in die mediese wetenskap het, word siek mense hospitaal toe gestuur, waar hulle deur mediese personeel versorg word. vroeër jare is siek en sterwende mense by die huis versorg. Mense was dus meer blootgestel aan die dood en die proses van sterf.

Aangesien mense vandag nie geleentheid kry, of maak, om met sterwende mense belangrike sake uit te klaar nie, omdat hulle nie oor die dood wil praat nie, kan mense nie in vrede sterf nie. As mense meer bekend is met die sterwingsproses en meer betrokke is by hulle geliefdes wat sterwend is, sal die dood ook nie so skrikwekkend wees nie.

Volgende week praat ons verder oor Vrees vir die Dood.
30
AUG

Episode 3: Die Sin van die Lewe

Verlede week het ons gesels oor die sin van die Dood. Vandag praat ons oor die sin van die Lewe. Die Yin En Yang is simbool van teenoorgesteldes wat nooit absoluut is nie. In alles wat goed is, is daar ń bietjie sleg en in alles wat sleg is, is daar ń bietjie goed. Niks is nét goed of nét sleg nie. Dit verteenwoordig manlikheid en vroulikheid. In elke man is iets vrouliks en in elke vrou is daar iets manliks. So ook staan lewe en dood nie as twee pole teenoor mekaar nie. Geboorte en dood is ń siklus soos daar in The Lion King gesing word oor The Circle of Life.

Die skoenlapper is ń simbool van transformasie, verandering, hoop, en lewe. Die kort, maar pragtige tydjie wat die skoenlapper leef, herhinner ons aan ons kort, maar wonderljke lewe op aarde. Dit is ń spieëlbeeld van die proses van spirituele transformasie. In die konsentrasiekampe is daar talle tekeninge van skoenlappers wat aan die gevangenes hoop gegee het.

Mense dink hulle moet groot hoogtes bereik, en beroemd en belangrik wees om sin aan jou lewe te gee. Mense heg te veel waarde aan materiële besittings. Net die feit dat jy op aarde is, maak jou lewe sinvol. Niemand se lewe is nie sinvol nie. Ons is almal, van die dag dat jy gebore is, tot die dag dat jy sterf, in interaksie met ander mense. Hierdie kontak met ander mense maak jou lewe sinvol. Die Sin in die Lewe is net om te Wees. "The Meaning of Life is to Be". Elke mens, ding, dier, plant en wat ookal in die heelal is, het ń spesifieke rede waarom hulle hier is. Elke mens, dier of iets in die natuur wat op jou pad kom, maak jou lewe en hulle lewens sinvol. By elkeen leer jy iets. Goed of sleg, dit maak nie nie saak nie, want alles wat sleg is, het ook iets goeds in, soos om ń les daaruit te leer. Alles wat goed is, het ook iets slegs in, soos om net alles te kry wat jy wil hê, maak jou selfsugtig. DAAR IS ALTYD IEMAND SE LEWE WAT JY AANRAAK. Met elke glimlag en groet gee jy erkenning aan ń ander. In alle gelowe is Liefde die belangrikste
22
AUG

Episode 2: Die sin van die dood

Die dood is ń geskenk aan die mens om te weet dat daar ń verlossing is van die aardse bestaan. Vir diegene wat aan God glo, is daar die verdere belofte van lewe na die dood. Om die dood vir die sterwende en sy/haar geliefdes makliker te maak, is dit voordelig om die dood te erken en om daaroor te praat. Dit is nodig vir die sterwende en die geliefdes om uit te praat oor alle verwyte en hartseer in die verlede. Wanneer die terminale persoon dood is, is dit te laat en kan ń mens spyt wees dat jy nie gedoen of gesê wat jy wou nie. Selfs al is die sterwende in ń koma, praat met hom/haar. Gee drukkies, liefde, blomme, aandag, terwyl hy/sy leef en laat hulle dan gaan in vrede. Wanneer iemand sterwend is, is dit ń geleentheid om verhoudinge reg te stel.

Die Potgooi, Die D-Woord, word aangebied deur Marianna van Deventer. Sy bespreek onderwerpe oor die dood, rou en verliese. Sy is nie ń palliatiewe versorger nie, maar deel haar ervarings, wat sy met die versorging van haar man, wat aan kanker oorlede is, met luisteraars. Kontak haar by diedwoord@gmail.com of marianna.vandeventer@me.com. Die potgooi word elke Dinsdag geplaas op iono.fm
16
AUG

Episode 1: Agtergrond

Die episode gee n bietjie meer agtergrond oor wie en wat Marianna is. Sy is n opgeleide Sielkundige, maar het baie jare gelede gepraktiseer. Op haar lewenspad het sy baie mense aan die dood afgestaan. Haar man is op 55 met Anaplastiese Skildklier Karsinoom (ATC) gediagnoseer. Die onkoloog het gesê, dat die meeste mense met ATC, nie langer as 6 maande leef nie. Sy het dus dadelik alles gelos om haar tyd aan sy versorging toe te wei.

Die episode dek ook n paar dood-situasies wat sy as jong meisie in die sestigerjare beleef het. Die vorige generasie het die dood heeltemal anders hanteer as vandag. Dood was deel van die ou generasie se lewe. Vandag is mense bang om oor die dood te praat. Terminale pasiënte word uit die huis uit geskuif en in ń hospitaal of by Hospice geplaas. Die idee van Die D-Woord Potgooi, is om die dood weer terug te bring na die gemeenskap en na tuisversorging. Om openlik te kan praat oor die dood.

Luister Dinsdae na die potgooi op iono.fm en enige wenke, terugvoer of bydrae kan gestuur word na diedwoord@gmail.com.
15
AUG
 trailer  

Bekendstelling

Welkom by Die D-Woord. Hierdie is net n inleiding oor wie ek is en waaroor die potgooi gaan.

12 episodes