Hoor hier

“Hoor hier” is Maroela Media se splinternuwe oudioreeks met 52 voorlesings van Lizz Meiring se gunstelingrubrieke. Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële steun van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa Personal Journals
56 Episodes
1 – 20

‘Bon Voyage’

“Dis asof daar skielik in my lewe, en in diegene om my s'n, so baie dierbares op pad is; nie op pad na 'n aardse bestemming nie. Ons wat agterbly, kan die roetekaart nie ontsyfer nie.”
25 May 2023 5 min

‘Robottyd’

“Deesdae is daar robotte vir alles, selfs troeteldiere.”
18 May 2023 5 min

‘Om die weer te beheer’

"Tydens die verfilming van die rolprent ‘Kruger Miljoene’, het dit dae lank aaneen gereën. Die begroting was karig, en die geld het begin opdroog."
11 May 2023 5 min

‘In beheer van beheer’

“Ek is 'n vrou en ek beheer die dinge wat mans te simpel is om te beheer, en ek is trots daarop. Viva ‘control freaks’!”
4 May 2023 5 min

‘Die wapen’

Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor 'n tjellis in Sarajevo, die grootste stad in Bosnië en Herzegowina, wat 22 dae lank op die dorpsplein gesit en gespeel het ter herdenking aan vriende wat in 'n skietgeveg gesterf het.
27 Apr 2023 5 min

‘Daardie liefde’

"Heimlik hoop almal op daardie liefde: Die soort liefde waar jy kan wees net wie jy is."
20 Apr 2023 5 min

‘Die waarheid is ’n onderrok’

"Dit is een van daardie onmisbare items. Mooi, sexy, maar met genoeg onsigbare rekstof om die maag en midrif netjies plat te trek."
13 Apr 2023 5 min

‘Jou goedjies’

"Nou het 'n vreemde ding gebeur: Ek wil nie meer so baie goed hê nie."
6 Apr 2023 5 min

‘Pakaas’

"Lig reis is nie my sterktste punt nie, en dit is erg eufemisties gestel."
30 Mar 2023 6 min

‘Was jy daar?’

"My Vrystaatse ouma het 'n wonderlike manier gehad om 'n skinderstorie in die kiem te smoor. Nes die nuusaandraer kwylmond en met blinkogies 'n sappige brokkie sensasie op haar voorstoep kom aflaai, het my waardige ouma dit met een kort sinnetjie platgetrap."
23 Mar 2023 4 min

‘Sprokiestroue’

"Ek het onwetend midde in 'n ‘pitty party’ beland. Dié spulletjie verdien hulle duidelike bitterbrood uit die huweliksbedryf." Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor trouverskaffers en hulle ervarings met bruide wat met niks minder as 'n sprokiestroue tevrede is nie.
16 Mar 2023 5 min

‘Spoeg en geloof’

"ʼn Uitgewaste oranje paneelwa hou reg voor my in die straat stil. Dis een van daai voertuie wat op spoeg en geloof op die pad bly. Die man wat uitklim, het ook beter dae gesien."
8 Mar 2023 4 min

‘Toentertyd’

"Perfekte prentjies van die vyftigerjare. Die ligte word opgestel. Die musiek speel. Die kameras rol. Ons skiet die eerste skoot van ‘Pretville’."
2 Mar 2023 5 min

‘Nadraai’

"In ’n onlangse onderhoud het ek oor vroue op jag gepraat en gewonder en gebloos oor my eie geslag wat soms net te kragdadig optree in die behoefte om 'n man aan te keer."
23 Feb 2023 4 min

‘Die liefde is blind’

“Ek dink aan die oordaad hartjies, Valentyns-snuisterye en die liefdesverhale, en ek wonder of dié drommel ooit die tekens gaan raaksien.”
16 Feb 2023 4 min

‘Kupido is keelvol’

"Ek weier om soos 'n verwarde marmot op die Valentyns-wielietjie te klim. Wat is daar dan afterall nog nie gesê oor die liefde nie?"
9 Feb 2023 5 min

‘Mans genoeg’

“Hulle kry so vlakhaaskyk in die oë, die arme mans. Die hele Valentyns-ding is vir dié spesie ʼn groter trauma as ʼn Springbok-nederlaag.”
3 Feb 2023 5 min

‘Hoeveel hope is hoopvol’

Luister hier na Lizz Meiring se rubriek oor ʼn egpaar wat hulle oor ʼn arm buurt se kinders ontferm en vir hulle sorg.
25 Jan 2023 4 min

‘Met smaak’

Ek bly verstom oor hoe smaak verskil. Die een se kitsch is wraggies die ander se kroonjuwele.”
18 Jan 2023 6 min

‘Daaglikse katastrofes’

“ʼn Magnetiese veld buite Woolies en Pick n Pay sorg dat ek, en net ek, altyd die trollie met die ‘gestremde’ wiele kies.”
11 Jan 2023 5 min
1 – 20