So werk likwidasie

Die skuld-belaaide Air Namibia, is onder vrywillige likwidasie geplaas deur die Minister van Finansies Ipumbu Shiimi, wat die lugredery as onvolhoubaar beskryf het. Die regering sê alle ander opsies is reeds oorweeg, wat potensiële beleggings deur ander lugrederye en omkeer-strategieë insluit. Toni Hancox, die Direkteur van die Regshulp Sentrum verduidelik die proses van likwidasie.