RSG Landbou 30 Julie 2021

Dr. Gert van Coller, ‘n plantpatologie-navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel hoe hommeltuigtoedienings in die departement se swamdoder-deposisieproewe toegepas word. Variante van swartstam word ook bekyk, en ons vind uit watter nuwe navorsingsprojekte deur die departement begin is. Hoenderboer Jo-Andra Greegory-Cloete gee praktiese wenke oor hoe om jou hoenderboerdery met sukses op die been te kry.