RSG  |  GESONDHEID
Sukkel jy om jou arms op te lig? Is jou skouer seer as jy jou hemp agter in jou broek wil steek, of jou tande wil borsel? Het jy soms kortisoon-inpuitings nodig, of dalk 'n skouervervanging? Marí Hudson gesels met twee ortopediese chirurge van die Kaapse Skouer-instituut oor skouerprobleme in ouer mense. Hulle slaan ook mites oor kortisoon-inspuitings vir 'n ses, en vertel van 'n interessante omgekeerde skouervervanging, selfs vir mense wat oor tagtig is.