Disney+ bring nog stroom towerkuns na Suid-Afrika

Maak reg om nog 'n stroom platform in jou wêreld van vermaaklikheid te verwelkom, met die nuus dat Disney+ in Mei in Suid-Afrika loods.
Daar is nou geen gebrek aan die string nuwe reekse, rolprente en dokumentêre programme wat in ons land beskikbaar is nie.
In haar weeklikse podgooi, Streaming Now!, praat Gerda de Sousa met onafhanklike TV analis, Thinus Ferreira, oor hoe om seker te maak jou familie bly by met die jongste kykstof, terwyl jy ook weet waarvoor jy betaal.