Maandag Oggenddiens - Past Theo Theron

--:--
JAKOBUS 1
1Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus.
Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is.
Groete!
Geloof en wysheid
2My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. 4En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. 5As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. 6Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. 7-8So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.
Arm en ryk in die gemeente
9'n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het, 10en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos 'n veldblom. 11As die son met sy gloeiende hitte opkom, verskroei dit die plantegroei, die blomme val af en die prag is daarmee heen. So sal die ryke ook tussen al sy bedrywighede deur vergaan.
18 Jul 2022 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Past Bernard van der Vlies

JESAJA 46 9Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede; Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie. 10Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het…
28 May 1PM 27 min

Sondagoggend Erediens - Past Bernard van der Vlies

HANDELINGE 2 Die uitstorting van die Heilige Gees 1Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. 2Skielik was daar 'n geluid uit die hemel soos van 'n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. 3Hulle het iets soos…
28 May 3AM 29 min

Saterdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

JOHANNES 9 Jesus genees 'n man wat blind gebore is 1Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. 2Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” 3En Jesus…
27 May 2AM 21 min

Vrydag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

FILIPPENSE 2 Die voorbeeld van Jesus Christus 5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7maar Hy het Homself verneder deur…
26 May 2AM 17 min