RSG  |  GESONDHEID
Daar is steeds baie misverstande oor psigopate, want alle psigopate is nie moordenaars of verkragters nie. Die sjarmante man wat jou oortuig om jou geld aan hom toe te vertrou vir sy nuwe, grandiose geldmaakplan en dan verdwyn, of die hartselose sakeman of die vrou met die sagte stem wat slim manipuleer, is ook psigopate. Wat is die eienskappe van 'n psigopaat?