Weerkenner: La Niña-stelsel verswak

--:--
Weerkenners sê op kort termyn, maar veral die langer termyn, begin reënvaltoestande in Suider-Afrika verswak. Die La Niña-stelsel se onlangse tydelike oplewing kan van korte duur wees. Dit sal in Januarie vinnig verswak om oor te gaan in neutrale toestande. Die bekende onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, Johan van den Berg, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe reënvooruitsigte vir Namibië lyk.
5 Jan 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Miljarde nodig om Jozi se water-infrastruktuur te herstel

Johannesburg Water sê ongeveer 120 miljard Suid-Afrikaanse rand word benodig om die water-infrastruktuur in die stad te herstel. Die bestuurder vir innovering en tegnologie by Johannesburg Water, Zakhele Khuzwayo, het gesê watertoevoer-onderbrekings is hoofsaaklik te wyte aan 'n gebrek aan behoorlike instandhouding van die kwesbare infrastruktuur.
23 Mar 10AM 1 min

Malema: Putin sal nie in SA gearresteer word

Die EFF-leier, Julius Malema, waarsku niemand sal toegelaat word om die Russiese President Vladimir Putin in hegtenis te neem terwyl hy in Suid-Afrika is nie. Die Internasionale Strafhof het 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik op aanklag van oorlogsmisdaad omdat hy honderde kinders onwettig uit Oekraïne gedeporteer het. Malema het…
23 Mar 9AM 1 min

Sokker: Bafana Bafana speel takel Liberië

Sokker: Bafana Bafana gaan tuis en weg teen Liberië speel in kwalifiserings-wedstryde vir die Afrikabeker-toernooi. Suid-Afrika is môreaand op die Orlando-stadion in Soweto gasheer vir die Wes-Afrikaland, en die twee lande ontmoet mekaar vier dae later weer in die Liberiese hoofstad, Monrovië. Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, sê hulle moet…
23 Mar 9AM 1 min

Standbeeld van wyle Tutu in Kaapstad onthul

Die oorlede struggle-ikoon, aartsbiskop Desmond Tutu is vroeër vandag vir sy bydrae tot die beëindiging van Apartheid en ook sy unieke rol in die Suid-Afrikaanse samelewing vereer. Die Desmond en Leah Tutu-stigting het vandag 'n lewensgrootte standbeeld van Tutu by die Century City- inkoopsentrum, in Kaapstad, onthul. Fritz Platt, Kosmos…
23 Mar 9AM 2 min

Landboukenner sê waarom vleispryse styg

In die vierde kwartaal van 2022 het die inflasiekoers van die Namibiese produksieprys-indeks vir die verwerking en preservering van vleis in die vierde kwartaal van 2022 op 5,5 persent gestaan, 'n toename van 1,4 persent wat in dieselfde kwartaal van die vorige jaar aangeteken is. Dit sluit in die verwerking…
23 Mar 8AM 1 min