Namibian Lives Matter soek antwoorde oor konflik-situasie met Botswana

--:--
Namibian Lives Matter het sy reaksie gegee oor Botswana se President Mokgweetsi Masisi wat op 'n eendag-besoek aan Namibië op uitnodiging van President Hage Geingob was. Masisi se besoek volg op die twee lande wat einde verlede jaar die eerste sitting van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie gehou het onder voorsitterskap van die twee Presidente. Die beweging sê hulle is nog steeds ontevrede oor die hantering van die kwessie oor 37 Namibiese burgers wat deur die Botswana-weermag doodgeskiet is. Sinvula Mudabeti, een van die leiers van die beweging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle sou verwag dat die kwessie tydens hierdie besoek van die in die Namibiese staatshuis aangespreek word
9 Jan 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Stad Windhoek bekommerd oor lae damvlakke

Stad Windhoek is bekommerd oor lae vlakke van damme wat die hoofstad van water voorsien. Die Swakoppoortdam se vlak staan op 77,4 persent, maar pomp water oor na die Von Bachdam wat slegs 29,2 persent vol is. Die Von Bachdam was verlede jaar dieselfde tydperk 52,1 persent tydperk vol. Die…
31 Mar 12PM 1 min

Meatco bring bekostigbare vleis na Namibiërs

‘n Direkteur van die Meatco-raad Shiwana Ndeunyema sê hul handelsmerk se visie is om Meatco se produkte nader aan Namibiërs te bring, in ooreenstemming met die regering se beleid oor industrialisasie en die Growth at Home-strategie. Meatco se Meat Markets Africa se Meatma-winkel, het in Kuisebmond op Walvisbaai geopen. Shiwama…
31 Mar 12PM 1 min

Kaapstad ontplooi wetstoepassers vir Paasnaweek

Die Stad Kaapstad het vandag as deel van sy jaarlikse Paasnaweek-veiligheidsveldtog honderde wetstoepassers regoor die metro ontplooi om die veiligheid van besoekers en inwoners oor die volgende twee weke te verseker. Met die land se leerders wat tans met vakansie is, en duisende motoriste wat ook volgende naweek, as deel…
31 Mar 12PM 1 min

Standard Bank bekommerd oor bankbedrog

Standard Bank Namibia het gereageer op die banksektor wat 'n toename in bedrog en verwante ekonomiese misdade in 2022 waargeneem in vergelyking met 2021. Volgens die Bank van Namibië is 370 bedrogsake in 2022 aangemeld, vergeleke met 268 gevalle wat in 2021 aangemeld is. Die kategorieë van bedrog wat deur…
31 Mar 12PM 1 min

Outa onthul bewyse oor Eskom-korrupsie

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die saak van korrupsie teen die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, en die sakeman, Thabo Owen Mokwena, het Mokwena se stewige netwerk in die energiesektor, die ANC en staatsveiligheid blootgelê. Koko het na bewering probeer om Mokwena as 'n kanaal te gebruik om…
31 Mar 12PM 1 min