Saterdag Oggenddiens - Dr Hanneke Meyer

--:--
JAKOBUS 4
Waarskuwing teen wêreldliefde en hoogmoed
1Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? 2Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. 4Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. 5Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? 6Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy:
“God weerstaan hoogmoediges,
maar aan nederiges gee Hy genade.”
7Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. 8Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. 9Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. 10Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
25 Mar 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand erediens - Ds Wimpie Raadt

PSALMS 119 U woord vergeet ek nie 1Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here. 2Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen, 3geen onreg pleeg nie en in sy weë…
4 Jun 1PM 33 min

Sondagoggend erediens - Ds Wimpie Raadt

PSALMS 19 8Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. 9Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee…
4 Jun 3AM 31 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

2 TIMOTEUS 3 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek,
3 Jun 2AM 19 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

HANDELINGE 1 Die belofte van die Heilige Gees 1My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af 2tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan…
1 Jun 2AM 16 min