Outa onthul bewyse oor Eskom-korrupsie

--:--
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die saak van korrupsie teen die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, en die sakeman, Thabo Owen Mokwena, het Mokwena se stewige netwerk in die energiesektor, die ANC en staatsveiligheid blootgelê. Koko het na bewering probeer om Mokwena as 'n kanaal te gebruik om omkoopgeld te was. Die aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery spruit uit 'n kontrak van die Kusile-kragstasie in 2015. Outa se kenner van staatskaping, Rudie Heyneke, sê die saak beklemtoon die belangrikheid van suksesvolle vervolgings om netwerke van staatskaping af te takel.
31 Mar 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Toename in haatspraak en geweld teen LGBTQ-gemeenskap

Die Namibia Equal Rights Movement gaan môre die media in die hoofstad toespreek oor die groeiende bedreiging vir grondwetlike demokrasie en aanhitsing van geweld teenoor die LGBTQ-gemeenskap. Dit volg na die hooggeregshof-uitspraak oor selfdegeslaghuwelike wat vir dié gemeenskappe ‘n tydperk van vieringe moes wees. Dit het ontaard in 'n toename…
7 Jun 1PM 1 min

Mosie van wantroue teen Jozi-burgemeester ingestel

Action SA het 'n mosie van wantroue teen Johannesburg se burgemeester, Kabelo Gwamanda, ingedien oor sy onwilligheid om sy naam skoon te kry oor die bedrog-bewerings teen hom. Daar word beweer Gwamanda was deur sy instelling, iThemba Lama Afrika, betrokke by 'n bedrieglike begrafnisbelegging-skema wat inwoners mislei het om te…
7 Jun 12PM 1 min

Jozi-burgemeester word siek tydens stadsrede-debat

Die burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, ontvang tans mediese behandeling nadat hy tydens die debat oor die stadsrede siek geword het. Hoewel hy sedert Dinsdag olik is, het hy ondanks mediese raad om dit nie te doen nie, wel die debat bygewoon omdat dit belangrik is. Woordvoerder, Mlimandlela Ndamase, het…
7 Jun 12PM 1 min

Dr. Riruako sê hy werk reeds vir Ovaherero-gemeenskap

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Ovaherero-sprekende gemeenskap wag steeds vir die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni om aan te kondig wie as die Ovaherero-opperhoof erken moet word met professor Mutjinde Katjiua en dr. Hoze Riruako wat albei om die top-leiersposisie in die owerheid meeding. Dr. Riruako…
7 Jun 11AM 1 min

Sakevennootskappe gesmee vir ekonomiese groei in SA

Die Suid-Afrikaanse regering en die georganiseerde sakewêreld het 'n vennootskap gevorm om struikelblokke te verwyder wat inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping benadeel. Dit sal op drie kerngebiede fokus, naamlik energie, vervoer en logistiek, en misdaad en korrupsie. Uitvoerende hoofde van groot ondernemings het onderneem om hulpbronne en vaardighede by te…
7 Jun 11AM 1 min