Standard Bank bekommerd oor bankbedrog

--:--
Standard Bank Namibia het gereageer op die banksektor wat 'n toename in bedrog en verwante ekonomiese misdade in 2022 waargeneem in vergelyking met 2021. Volgens die Bank van Namibië is 370 bedrogsake in 2022 aangemeld, vergeleke met 268 gevalle wat in 2021 aangemeld is. Die kategorieë van bedrog wat deur bankinstellings in 2022 ervaar is, sluit in OTM-bedrog, EFT-bedrog, krediet- en debietkaart-bedrog, mobiele toepassings-bedrog, valuta-vervalsings en diefstal van kontant. Khadijah Mouton, bemarkingsbestuurder van Standard Bank het haar kommer oor die situasie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
31 Mar 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Toename in haatspraak en geweld teen LGBTQ-gemeenskap

Die Namibia Equal Rights Movement gaan môre die media in die hoofstad toespreek oor die groeiende bedreiging vir grondwetlike demokrasie en aanhitsing van geweld teenoor die LGBTQ-gemeenskap. Dit volg na die hooggeregshof-uitspraak oor selfdegeslaghuwelike wat vir dié gemeenskappe ‘n tydperk van vieringe moes wees. Dit het ontaard in 'n toename…
7 Jun 1PM 1 min

Mosie van wantroue teen Jozi-burgemeester ingestel

Action SA het 'n mosie van wantroue teen Johannesburg se burgemeester, Kabelo Gwamanda, ingedien oor sy onwilligheid om sy naam skoon te kry oor die bedrog-bewerings teen hom. Daar word beweer Gwamanda was deur sy instelling, iThemba Lama Afrika, betrokke by 'n bedrieglike begrafnisbelegging-skema wat inwoners mislei het om te…
7 Jun 12PM 1 min

Jozi-burgemeester word siek tydens stadsrede-debat

Die burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, ontvang tans mediese behandeling nadat hy tydens die debat oor die stadsrede siek geword het. Hoewel hy sedert Dinsdag olik is, het hy ondanks mediese raad om dit nie te doen nie, wel die debat bygewoon omdat dit belangrik is. Woordvoerder, Mlimandlela Ndamase, het…
7 Jun 12PM 1 min

Dr. Riruako sê hy werk reeds vir Ovaherero-gemeenskap

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Ovaherero-sprekende gemeenskap wag steeds vir die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni om aan te kondig wie as die Ovaherero-opperhoof erken moet word met professor Mutjinde Katjiua en dr. Hoze Riruako wat albei om die top-leiersposisie in die owerheid meeding. Dr. Riruako…
7 Jun 11AM 1 min

Sakevennootskappe gesmee vir ekonomiese groei in SA

Die Suid-Afrikaanse regering en die georganiseerde sakewêreld het 'n vennootskap gevorm om struikelblokke te verwyder wat inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping benadeel. Dit sal op drie kerngebiede fokus, naamlik energie, vervoer en logistiek, en misdaad en korrupsie. Uitvoerende hoofde van groot ondernemings het onderneem om hulpbronne en vaardighede by te…
7 Jun 11AM 1 min