Woensdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

--:--
JESAJA 59
Ons sondes kla ons aan
1Die arm van die Here is nie te kort om te help nie
en sy oor is nie te doof om te hoor nie.
2Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het
tussen julle en julle God,
dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie
en nie na julle wil luister nie.
3Julle hande is met bloed bevlek,
julle vingers met onreg.
Julle praat net leuens,
julle bedink net onreg.
4Niemand stel sy saak eerlik nie,
geen uitspraak is betroubaar nie.
Almal vertrou op leë woorde,
wat hulle sê, is nie waar nie,
hulle is swanger van kwaad,
hulle bring onreg voort.
5Hulle broei slangeiers uit,
hulle weef spinnerakke.
Wie van daardie eiers eet, sterf;
as dit oopgebreek word, kom daar slange uit.
6Hulle spinnedrade deug nie vir klere nie,
hulle kan hulle nie toemaak met wat hulle gemaak het nie;
hulle dade is misdade,
hulle pleeg net geweld.
7Hulle is daarop uit om kwaad te doen,
hulle aarsel nie om onskuldige bloed te vergiet nie.
Hulle planne is bose planne:
oral waar hulle gaan, is daar verwoesting en ondergang.
8Hulle ken nie so iets soos 'n pad van vrede nie,
waar hulle loop, is daar geen reg nie;
hulle loop krom paaie,
wie hulle volg, sal nie vrede ken nie.
7 Jun 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Past Deon Bosch

JEREMIA 29 4So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: 5Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6trou en bring kinders in die wêreld,…
29 Sep 2AM 17 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

MATTEUS 28 18Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige…
26 Sep 2AM 16 min