Sakevennootskappe gesmee vir ekonomiese groei in SA

--:--
Die Suid-Afrikaanse regering en die georganiseerde sakewêreld het 'n vennootskap gevorm om struikelblokke te verwyder wat inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping benadeel. Dit sal op drie kerngebiede fokus, naamlik energie, vervoer en logistiek, en misdaad en korrupsie. Uitvoerende hoofde van groot ondernemings het onderneem om hulpbronne en vaardighede by te dra. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die projek sal deur regeringsgeleide komitees gekoördineer word, en samewerking sal deur Business for South Africa en Business Unity South Africa bevorder word.
7 Jun 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Asielstelsel in Brittanje blyk om chaos te wees

Die voorsitter van die Arbeidersparty in Engeland, Anneliese Dodds, sê ‘n nuwe plan is nodig om asielsoekers en migrante in die land te hanteer. Engeland en veral Italië loop op die oomblik deur met duisende wat in die twee lande aankom. Dodds het skrikwekkende syfers gedeel.
26 Sep 4AM 1 min

Regering se kommunikasie-strategie het inligtingsoordrag getransformeer

Die inligtingsminister, Peya Mushelenga, sê dat die ontwikkeling en implementering van die regering se nuwe kommunikasie-strategie die oordrag van inligting getransformeer het. Die regering kom gereeld onder skoot vir sy versuim om tydsaam te kommunikeer. Mushelenga sê die strategie maak voorsiening vir 'n duidelike en bondige padkaart vir alle kommunikasie-aktiwiteite…
26 Sep 3AM 1 min

Rooiwal-versuiweringstender sal ondersoek word - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het 'n proklamasie onderteken waarvolgens die buurland se Spesiale Ondersoekeenheid gemagtig word om ondersoek in te stel na die tender van 290 miljoen Suid-Afrikaanse rand, wat toegeken is vir die opknapping van die Rooiwal-afvalwatersuiweringsaanleg in Tshwane. Die multimiljoen rand-tender word met die omstrede sakeman Edwin Sodi verbind…
26 Sep 3AM 1 min

Ontwikkelaars onder die loep in buurland

Die Nasionale Huisbouersregistrasieraad in Suid-Afrika ondervind 'n skerp toename in klagtes deur huiseienaars. Huiseienaars kla oor kwessies soos lekplekke en strukturele foute. Die raad verduidelik hy het nie oorsig oor ontwikkelaars wat nie by hulle geregistreer is nie, en beklemtoon die belangrikheid van hierdie tipe registrasie in belang van verbruikersbeskerming…
26 Sep 3AM 1 min

As Kongres nie wapens wil beheer nie, stem hulle uit

Amerikaanse president Joe Biden het weer gepraat oor massaskietvoorvalle in die VSA en sê daar is vanjaar 500 voorvalle aangemeld. Die Demokrate wil wetgewing vir wapen-eienaarskap daarstel terwyl Republikeine hard daarteen skop. Biden sê as die Kongres nie die uitdaging wil aanspreek nie, is dit tyd om nuwe lede te…
26 Sep 2AM 1 min