Dr. Riruako sê hy werk reeds vir Ovaherero-gemeenskap

--:--
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Ovaherero-sprekende gemeenskap wag steeds vir die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni om aan te kondig wie as die Ovaherero-opperhoof erken moet word met professor Mutjinde Katjiua en dr. Hoze Riruako wat albei om die top-leiersposisie in die owerheid meeding. Dr. Riruako is 'n broerskind aan moederskant van wyle opperhoof Kuaima Riruako, wat in 2014 gesterf het. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Hoze Riruako gesels wat hy die afgelope drie maande verrig het.
7 Jun 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Voëlgriep: Didiza moet pluimvee-produsente bystaan

Die DA vra die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, om pluimveeboere dringend by te staan terwyl 'n ernstige voëlgriep-uitbreking die bedryf verwoes. Die party vra haar om entstowwe aan te skaf, vinnig te registreer en finansiële ondersteuning aan die betrokke boere te verleen. ʼn Woordvoerder van die DA, Noko Masipa,…
30 Sep 4AM 1 min

Nienaber gesels oor Tonga-kragmeting

Nie minder nie as vyf groepwedstryde wag hierdie naweek op ondersteuners op die Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Argentinië en Chili begin vanmiddag die aksie, gevolg deur die kragmeting tussen Fidji en Georgiё. Daarna sê Skotland en Roemenië mekaar die stryd aan. Môre speel Australië teen Portugal, voor die Springbokke hulle groepsverpligtinge…
30 Sep 4AM 1 min

Suid-Afrikaners moet krag bespaar tydens spitstye

Eskom doen ‘n beroep op die publiek om kragverbruik tydens spitstye te verminder. Die kragvoorsiener bied ‘n mate van verligting met die opskorting van beurtkrag bedags oor die naweek. Verbeterde opwekkingsvermoë en ‘n verwagte laer vraag laat ‘n tydelike opskorting van onderbrekings toe van vyf-uur soggens tot vier-uur die middag,…
30 Sep 3AM 1 min

Wanderers betoon sy medelye met Zambiese muurbalklub

Die Namibiese Muurbalvereniging en Wanderers Muurbalklub het hul innige meegevoel betuig aan die Zambië muurbalspan en die familie en vriende van Preston Mhango, wat in ‘n padongeluk omgekom het, betuig. Die Zambiese span was in 'n ernstige ongeluk net buite Katima Malilo, terwyl hulle op pad huis toe was van…
30 Sep 2AM 1 min

Groot Aub inwoners word geverifieer vir betaalstelsel

Die Stad Windhoek herinner Groot Aub-inwoners aan die verifieering van okkupasiestatus in Groot Aub se uitbreidings 1 en 2. Die proses is belangrik vir die implementering van die betaalstelsel wat vir 1 November 2023 geskeduleer is. Die doel is om inwoners te identifiseer, en kontakbesonderhede en e-posadresse in te samel…
30 Sep 1AM 1 min