Mosie van wantroue teen Jozi-burgemeester ingestel

--:--
Action SA het 'n mosie van wantroue teen Johannesburg se burgemeester, Kabelo Gwamanda, ingedien oor sy onwilligheid om sy naam skoon te kry oor die bedrog-bewerings teen hom. Daar word beweer Gwamanda was deur sy instelling, iThemba Lama Afrika, betrokke by 'n bedrieglike begrafnisbelegging-skema wat inwoners mislei het om te belê, terwyl eise nie uitbetaal is nie. ActionSA se voorsitter in Gauteng, Funzi Ngobeni, sê die burgemeester kan nie voortgaan om toesig te hou oor die stad terwyl daar sulke ernstige aantygings teen hom is nie.
7 Jun 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

SA het voëlgriep in vyf provinsies

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê die land sukkel tans in vyf provinsies met uitbrekings van die 50 H7- en tien H5- voëlgriep-stamme. Die Wes-Kaap het die meeste H5-uitbrekings terwyl daar in Gauteng 37 gevalle van die H7-stam is. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê as…
26 Sep 5AM 1 min

Donald sê Ryderbeker gaan moeilik wees om in te palm

Span Europa se kaptein, Luke Donald, sê hulle besef hoe moeilik dit gaan wees om die Ryderbeker te wen, veral na hulle teleurstellende nederlaag in 2021. Europa begin die 44ste weergawe van die tweejaarlikse wedstryd wat Vrydag in Rome begin, met 2021 se rekord-nederlaag van 19-9 teen Amerika by Whistling…
26 Sep 5AM 1 min

Meer moet gedoen word teen veldbrande - AgriSA

AgriSA sê boere het tussen Augustus en vandeesmaand minstens 1 miljard Suid-Afrikaanse rand aan gewasse en lewende hawe verloor in die verwoestende brande in dele van die Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Limpopo. Minstens 1,2 miljoen hektaar grond is geraak deur die voortslepende veldbrande in dié provinsies. AgriSA se uitvoerende hoof,…
26 Sep 5AM 1 min

ANC gee geld vir energie-oorgang

Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika stel bykomende finansies insluitend toelaes beskikbaar, om die oorgang van fossielbrandstof na skoon brandstof te finansier. Hy het die hoofrede gelewer by die negende UNESCO-ingenieursweek en Afrika-ingenieurskonferensie wat in Pretoria plaasvind. Beloftes wat Suid-Afrika se Billike Energie-oordrag ondersteun, beloop tans 223,15 miljard Suid-Afrikaanse rand. Mashatile…
26 Sep 4AM 1 min

Asielstelsel in Brittanje blyk om chaos te wees

Die voorsitter van die Arbeidersparty in Engeland, Anneliese Dodds, sê ‘n nuwe plan is nodig om asielsoekers en migrante in die land te hanteer. Engeland en veral Italië loop op die oomblik deur met duisende wat in die twee lande aankom. Dodds het skrikwekkende syfers gedeel.
26 Sep 4AM 1 min