Suid-Afrikaners moet krag bespaar tydens spitstye

--:--
Eskom doen ‘n beroep op die publiek om kragverbruik tydens spitstye te verminder. Die kragvoorsiener bied ‘n mate van verligting met die opskorting van beurtkrag bedags oor die naweek. Verbeterde opwekkingsvermoë en ‘n verwagte laer vraag laat ‘n tydelike opskorting van onderbrekings toe van vyf-uur soggens tot vier-uur die middag, vandag en môre. Fase twee sal egter albei dae saans voortduur. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kragstelsel sal dopgehou word vir enige veranderings:
30 Sep 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

ANC het Poskantoor vernietig - EFF

Die EFF sê die Suid-Afrikaanse Poskantoor is een van die staatsondernemings wat deur die onbevoegde ANC-regering vernietig is. Die Poskantoor is sedert Julie onder sakeredding. Volgens die sakereddingspraktisyns het hulle ‘n verdere 3,8 miljard Suid-Afrikaanse rand nodig om vertroue in die Poskantoor te herstel. Sinawo Thambo van die EFF sê…
1 Dec 1AM 1 min

Didiza moet Agri-BEE skrap

Sakeliga het die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, amptelik versoek om die AgriBEE-afdwingingsplan teen volgende Vrydag te skrap. Die sake-organisasie beskuldig die departement dat hy dit in die geheim ingestel het. Sakeliga se uitvoerende hoof, Piet le Roux, sê die plan is skadelik en sal invoer en uitvoer beperk tot…
1 Dec 12AM 1 min

Lagergren loop voor by SA Ope

Joakim Lagergren van Swede met sewe onder baansyfer 65 is een hou voor die Suid-Afrikaner, Casey Jarvis, na die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Ope by die Blair Atholl gholf- en perdelandgoed. Jovan Rebula en Louis de Jager van Suid-Afrika en die 2015-kampioen van Engeland, Andy Sullivan, is gesamentlik gelykop…
1 Dec 12AM 1 min

Rekord-kanola oes sal prys van kookolie afbring

Die koste van kookolie sal na verwagting daal as gevolg van ‘n uitstekende kanola-oes in Suid-Afrika. Die wêreldwye inflasie van groente-olie het in die vorige jaar met 14 persent gestyg as gevolg van onderbrekings in die voorsiening weens die Russies-Oekraïnse konflik. De wêreldwye inflasie van groente-olie neem sedert laat 2022…
1 Dec 12AM 1 min

Regskenner sê oor volgehoue Fishrot-aanhouding

Die ombud Basilius Dyakugha het besoek gebring aan oudministers Bernhardt Esau en Sacky Shangala in die gevangenis. Hulle sê die strafregstelsel is teleurstellend en beweer dat al wat hulle gedoen het, was om hul ministeriële funksies uit te voer. Die twee is sedert 27 November 2019, saam met hulle ander…
30 Nov 11PM 1 min