Nienaber gesels oor Tonga-kragmeting

--:--
Nie minder nie as vyf groepwedstryde wag hierdie naweek op ondersteuners op die Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Argentinië en Chili begin vanmiddag die aksie, gevolg deur die kragmeting tussen Fidji en Georgiё. Daarna sê Skotland en Roemenië mekaar die stryd aan. Môre speel Australië teen Portugal, voor die Springbokke hulle groepsverpligtinge teen Tonga afsluit, met die veteraan-losskakel Handré Pollard in die beginspan. Die Bok-afrigter Jacques Nienaber sê hulle besef hulle moet wen om na die kwarteindronde deur te dring:
30 Sep 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Standbeelde se verwydering 'politieke opportunisme'

Die VF Plus in die Oos-Kaap sê die EFF se jongste veldtog vir die verwydering van alle koloniale standbeelde en gedenktekens in Nelson Mandelabaai is niks anders as politieke opportunisme nie. Bill Harrington van die party sê die EFF beplan om op die volgende raadsvergadering ‘n mosie in te dien…
6 Dec 9AM 1 min

Eskom sny krag af weens onwettige verbindings

Eskom in Gauteng het bevestig die kragnetwerk is in dele van Dobsonville afgesny omdat lae aankope in die gebied lei tot groot verliese aan inkomste en energie. Die kragvoorsiener se provinsiale woordvoerder, Amanda Qithi, sê hierdie proses is ingestel om te keer dat toerusting breek en inkomste verloor word in…
6 Dec 8AM 1 min

Niks verander in Namibiese handel: ekonoom

Namibië se handelstekort in Oktober van 4,5 miljard Namibiese dollar is 'n groot styging gemeet teen die 3,3 miljard dollar in September en 2,2 miljard dollar in Oktober verlede jaar. Die grootste uitvoere is steeds uraan, nie-monetêre goud, vis, petroleum olies en diamante, en Suid-Afrika is weer die grootste handelsvennoot…
6 Dec 8AM 1 min

Ondersoek gevra na NSFAS se verblyftenders

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy het die buurland se Spesiale Ondersoekeenheid gevra om die evaluering van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se tenders vir studenteverblyf te ondersoek. Verskaffers van verblyf moet hulle beddens by die hulpskema registreer. Die skema inspekteer dit dan om seker te maak dit voldoen…
6 Dec 8AM 1 min

Lionesses wen 6-0, maar geen Olimpiese Spele

Sokker: Engeland het ten spyte van ʼn ses-nul-sege teen Skotland nie die Vroue-nasiesliga gehaal nie. Daarmee is Span Groot-Brittanje se droom om volgende jaar aan die Olimpiese Spele in Parys deel te neem, verwoes. Die Lionesses moes Nederland se uitslag van vier-nul teen België met drie skoon doele verbeter om…
6 Dec 7AM 1 min