Voëlgriep: Didiza moet pluimvee-produsente bystaan

--:--
Die DA vra die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, om pluimveeboere dringend by te staan terwyl 'n ernstige voëlgriep-uitbreking die bedryf verwoes. Die party vra haar om entstowwe aan te skaf, vinnig te registreer en finansiële ondersteuning aan die betrokke boere te verleen. ʼn Woordvoerder van die DA, Noko Masipa, sê die regering se trae reaksie bedreig voedselsekerheid en verhoog hoenderpryse. Masipa sê die uitbreking moet vinnig gestuit word om werksgeleenthede te beskerm en die bekostigbaarheid van hoender vir verbruikers te verseker:
30 Sep 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Eskom sukkel om munisipale skuld te verhaal

Eskom sê hy gaan voort met pogings om agterstallige skuld, veral dié van munisipaliteite, in te vorder. Hy voeg egter by hy het nog nie die verlangde resultate behaal nie. Aan die einde van Maart vanjaar het agterstallige munisipale skuld 58,5 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop wat ʼn toename van 30…
1 Dec 1AM 1 min

Tiger kry nie gewendse uitkoms op eerste dag nie

Tiger Woods het nie ‘n goeie eerste dag by die Hero World Challenge in die Bahamas gehad nie. Hy het drie oor baansyfer sy eerste dag klaargemaak en is tans 18de uit 20 spelers geplaas. Dit is sy eerste professionele deelname sedert die Meesters. Hy sê fisies is hy okei,…
1 Dec 1AM 1 min

ANC het Poskantoor vernietig - EFF

Die EFF sê die Suid-Afrikaanse Poskantoor is een van die staatsondernemings wat deur die onbevoegde ANC-regering vernietig is. Die Poskantoor is sedert Julie onder sakeredding. Volgens die sakereddingspraktisyns het hulle ‘n verdere 3,8 miljard Suid-Afrikaanse rand nodig om vertroue in die Poskantoor te herstel. Sinawo Thambo van die EFF sê…
1 Dec 1AM 1 min

Didiza moet Agri-BEE skrap

Sakeliga het die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, amptelik versoek om die AgriBEE-afdwingingsplan teen volgende Vrydag te skrap. Die sake-organisasie beskuldig die departement dat hy dit in die geheim ingestel het. Sakeliga se uitvoerende hoof, Piet le Roux, sê die plan is skadelik en sal invoer en uitvoer beperk tot…
1 Dec 12AM 1 min

Lagergren loop voor by SA Ope

Joakim Lagergren van Swede met sewe onder baansyfer 65 is een hou voor die Suid-Afrikaner, Casey Jarvis, na die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Ope by die Blair Atholl gholf- en perdelandgoed. Jovan Rebula en Louis de Jager van Suid-Afrika en die 2015-kampioen van Engeland, Andy Sullivan, is gesamentlik gelykop…
1 Dec 12AM 1 min