BTW-verhoging omgekeer weens DA: Zille

Loading player...
Die DA sê finansminister Enoch Godongwana se besluit om die BTW-verhoging van 'n 0,5-persentasiepunt te skrap, is ʼn draaipunt in die stryd om Suid-Afrikaners teen ongeregverdigde finansiële laste te beskerm. Die party sê hy het ʼn voorstel van Godongwana se prokureurs ontvang om buite die hof te skik oor sy interdik-aansoek teen die verhoging. Die voorsitter van die party se federale raad, Helen Zille, sê die minister sou dit nie omgekeer het as dit nie vir die DA was nie:
24 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Musk deel AfriForum-dokkie op X

AfriForum se dokumentêr, Is Trump right about South Africa? is al meer as 30 miljoen keer gesien nadat Elon Musk dit op X gedeel en Suid-Afrika se rassewette as ’n skandelike verleentheid beskryf het. Die dokumentêr kritiseer die regering se diskriminerende beleid en bespreek oor rassewette, plaasmoorde en grondonteiening. Ernst…
17 May 6AM 1 min

Mej. Namibië: Top-10 vanaand gekies

Die tien finaliste vir vanjaar se Mej. Namibië-kroon word vanaand by Droombos in Windhoek aangewys. In die finale rondte word deelnemers op hul skoonheid, talent en gemeenskapsfokus beoordeel. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.com en alle Model Pick & Pay-takke landwyd. Die geleentheid word deur Debmarine Namibia gebord. Kosmos 94.1 Nuus…
17 May 5AM 1 min

NVG oor vingers geraps oor evangelis

Die parlement se komitee vir justisie en grondwetlike sake het die Nasionale Vervolgingsgesag ondervra oor die hantering van die saak teen die Nigeriese tele-evangelis Timothy Omotoso. Die komitee is bekommerd omdat hy en sy medebeskuldigdes onskuldig bevind is op 32 aanklagte, insluitend verkragting en mensehandel, ná 'n verhoor wat jare…
17 May 4AM 1 min

Agt mense in KZN afgemaai

Die polisie in KwaZulu-Natal-polisie het met 'n soektog begin nadat agt mense gisteraand in die Zama-informele nedersetting in Umlazi se U-afdeling doodgeskiet is. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê die slagoffers, ses mans en twee vroue tussen 22 en 40 jaar oud, is met veelvuldige skietwonde gevind. Netshiunda sê onbekende verdagtes het…
17 May 3AM 1 min

Dis Rooi Saterdag, gaan bloei en red lewens!

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het die naweek ‘n tweede Red Saturday-geleentheid. Windhoek, Oshakati en Walvisbaai kom aan die beurt om meer as 250 eenhede bloed in te samel voor die openbare vakansiedae op 26, 28 en 29 Mei. Bloedskenkings in Windhoek kan van nege tot twee by Grove Mall en Wernhil…
17 May 2AM 1 min