USAid-fondse droog op, maar organisasies maak plan

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel op 20 Januarie om internasionale USAid-befondsing op te skort, het sommige plaaslike organisasies, veral dié in die LGBT-gemeenskap, hoog en droog gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Patrick Reissner, mede-stigter van Equal Namibia, wat verduidelik hoe hulle die finansiële terugslag hanteer.
24 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bendegeweld knou SA, sê ActionSA

ActionSA rig weer 'n waarskuwing oor die toename in bendegeweld reg oor Suid-Afrika waar meedoënlose bendes woonbuurte in oorlogsones verander. Woordvoerder Matthew George sê bendegeweld kom in die Wes-Kaap veral voor op die Kaapse Vlakte, in Gauteng in Eldoradopark en Westbury, en in die Oos-Kaap in Nelson Mandelabaai. Hy sê…
23 May 11AM 1 min

Sesde Nama Kultuurfees reg om af te skop

Die finale voorbereidings is afgehandel vir die 6de uitgawe van die Nama Kultuurfees, wat van 29 Mei tot vroeg in Junie in Keetmanshoop sal plaasvind. Die fees is 'n jaarlikse viering van die ryk erfenis, tradisies en identiteit van die Nama-gemeenskap. Die voorsitter van die feesorganiseringskomitee, Dirk #Eigub, het met…
23 May 10AM 1 min

Dis hoekom ACC nie Katima grond-vir-voertuig transaksie ondersoek nie

Die direkteur van die Teenkorrupsie Kommissie, Paulus Noa, en die Stedelike en Landelike Ontwikkeling-minister James Sankwasa het vandeesweek 'n media-debat gehad oor 'n motor wat vir munisipale grond verruil is in Katima Mulilo. Die kommissie het verklaar dat hulle nie die Katima Mulilo-stadsraad se transaksie sal ondersoek nie. Noa het…
23 May 10AM 1 min

Natau rig waarskuwing oor nie-nakoming van minimumloon

Die nasionale koördineerder van die Namibiese Vervoer- en Geallieerde Werkersunie, Natau, Helvi Hamukoshi, het 'n sterk waarskuwing gerig aan eienaars van sekuriteitsmaatskappye wat nie die verpligte minimumloon betaal nie. Sy beklemtoon dat nakoming van die loonbepalings dringend en ononderhandelbaar is. Hamukoshi waarsku dat voortgesette nie-nakoming ernstige gevolge sal hê, insluitend…
23 May 10AM 1 min