Die direkteur van die Verenigde Nasies se Vigs-agentskap, Winnie Byanyima, waarsku dat wêreldwye pogings om MIV/Vigs teen 2030 uit te wis, van koers af is as gevolg van die verlies aan lewensreddende befondsing en ontwrigting van dienslewering. Met 8 miljoen mense wat met MIV in Suid-Afrika leef, het Byanyima welvarende…
‘n Taai stryd wag die komende naweek op Namibië se Welwitschia-rugbyspan wanneer hulle teen die Airlink Pumas op die Hage Geingob-stadion in Windhoek uitdraf. Jacques Burger, die direkteur van die Namibiese Rugby-unie, sê die span gaan vandeesweek aan hul dissipline werk ná hulle die afgelope naweek ‘n naelskraapse oorwinning van…
Namibië ondersteun die Internasionale Arbeidsorganisasie, die ILO, se konvensie en aanbevelings oor biologiese gevare in die werksplek. Arbeidsminister Fillemon Immanual het Vrydag tydens die 113de Internasionale Arbeidskonferensie in Genève gesê die werkwêreld staar verskeie beroeps- en omgewingsuitdagings in die gesig. Namibië is ten volle verbind tot ‘n gesonde en veilige…
Die N/a'an ku sê-stigting is besig met verskillende projekte om die natuurlewe in die land te beskerm, en een daarvan is hul eie teen-stropingseenheid. Die stigting het ook 'n kliniek in Epukiro om gesondheidsorgdienste aan die San-gemeenskap te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Rudie van Vuuren, een…
Die Departement van Water en Sanitasie het bewerings op sosiale media ontken dat oop sluise by die Mthatha-dam die onlangse oorstromings veroorsaak het. Die hoof van die Spesialis-eenheid vir Damveiligheid, Wally Ramokopa, het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon dat die dam nie sulke sluise het nie. Ramokopa sê…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.