Albert Blake: Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid
--:--
Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers Pieter Kapp gesels met Albert Blake oor die mees gewaagde ontsnappingspogings uit krygsgevangenekampe tydens die Anglo-Boereoorlog – soos bymekaargebring in die skrywer se nuutste boek. Leer meer oor die Boere se vindingryke planne om weg te kom uit Britse kampe in Groenpunt en Simonstad, en die eilande Bermuda, St. Helena en Ceylon.