Kosmakietie met Errieda du Toit en die kokkedore Tiaan Langenegger, Mynhardt Jou

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Wat gebeur agter die skerms by Kokkedoor? Wat vang die kokkedore aan wanneer die TVreeks verby is? Hetta van Deventer gesels met Errieda du Toit en kokkedore Tiaan en Mynhardt om antwoorde op hierdie vrae te kry. Hulle praat ook oor kookboeke, deel watertandresepte uit Kokkedoor 2 met ons en verklap geheime oor hoe om die perfekte makietie te beplan. En, o ja, Tannie Poppie – ons eie Chuck Norris van die Suid-Afrikaanse kookkuns – neem ook deel.
Loading player...