WYS MY JOU GOD/GODE: GELOOF EN WYSBEGEERTE
--:--
Die teoloog Paul Tillich het met die begrip ultimate concern inkleding gegee aan dit wat ons ‘God’ noem en het God as die ‘Ground of Being’ beskryf. Die filosoof Wittgenstein het ons geleer dat ons liefs moet stilbly oor dit waaroor ons nie kan praat nie. Ons paneel van teoloë en filosowe besin oor die nut van die woord God en of dit regtig saak maak wat ons hom/haar/dit noem?